top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Somergenade


Hierdie week vier ons ons eerste jaar in die Verenigde Koninkryk. Vanoggend toe ek vir Katie park toe vat, sien ek skielik raak hoe al die kaal bome weer hulle blare terughet en hoe baie geel opslagblommetjies tussen die lang grassies uitsteek en ek is so bly die winter is verby!

Toe ons op 2 Mei, ‘n jaar gelede, die eerste keer ons huisie binnestap, was die weer nes dit nou is. Al is daar nog bietjie ‘n byt in die lug, het die sonnetjie lieflik geskyn en kon mens ruik die somer is oppad. Oral het lowergroen struike in blom op die sypaadjies en voor sitkamervensters gestaan en die soet reuk van Jasmyn was oral.

Ek kan onthou hoe dankbaar ek was, hoe geseënd ek gevoel het.

Elke oggend met Katie by die huis uit, wou ek sommer huppel in die straat af en die lof het sommer baie vlak gelê. Dit was ‘n goeie tyd. En toe ek vanoggend eintlik verbaas staan hoe vinnig die bome, wat sommer net ‘n week of wat gelede totaal kaal was, weer vol blare staan, dink ek: ‘n Mens moenie verhuis in die winter nie.

Verandering is uitdagend en stresvol en soms bitter moeilik. As jy nou nog by jou bestemming aankom en al die bome is kaal en die wind loei om die hoeke van huise en verlate strate, hoeveel te meer nog!

Sien, toe die winter ons kom kry hier in 35 Claremont Crescent, Newbury, het die somer ons harte reeds ‘n soft lining gegee. Wat ookal die winter met sy bitter lang nagte en kort, nat en koue dae inhou, kon bloot plons op die veerstof van my hart sonder om te veel skade te maak.

Soms leer ken ons mense in hulle winter en word dit die maatstaf van ons oordeel. As ek hulle egter ontmoet wanneer hulle grasvelde geil staan en daar genoeg kos op die tafel is en die vyebome dik staan in die vrug, sou my persepsie dalk heel anders wees.

Hierdie tyd in ons geskiedenis is winter vir so baie van ons. Dit sou onregverdig wees om mense te oordeel op die uitleef van hulle oorlewingsinstink in hierdie een seisoen van hulle verhaal.

In oorlogtyd verdien mense tog ‘n bietjie meer genade, nie waar nie?

“Is it monsters who make

war?

Or war who makes

monsters?”

Vredetyd of oorlogtyd, die Here se riglyne verander nie:

“He has told you, o man, what is good;

and what does the Lord require of you

except to be just,

and to love [and diligently practice] kindness (compassion),

and to walk humbly with your God

[setting aside any overblown sense of importance or self-righteousness]?”

Micah 6:8 AMP

Want môre, oormôre, kom ‘n onverwagte haelstorm oor hierdie stukkie aarde en los mý bome kaal en mý koring geknak.

Môre, oormôre pleit ek dalk ook vir ‘n stukkie somergenade.

Jou temalied vir die week: Wherever we go


Comentarios


bottom of page