top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Soms seën Hy jou met seer



 

“God’s gifts to me

have often been wrapped in packages

that made my hands bleed.”

Sheila Walsh

 

Was jy ook al in die penarie om vir iemand iets te gee wie eintlik niks nodig het wat hierdie wêreld kan bied nie?  Of wat alles kan koop wat hulle graag sou wou hê?

 

Wat gee mens vir so iemand?

 

Ek het dit vir die eerste keer hier in Engeland gesien, maar dalk is dit nie nuut daar waar jy is nie:  Die geskenk van ‘n ervaring. Jy koop so ‘n geskenkbewys sommer in ‘n kettingwinkel, en die verskeidenheid is wyd!

 

“Indoor Skydiving for Two”, of “A Vineyard Tour for Two”, of ‘n “12-mile Helicopter Tour for Two”.

 

Natuurlik vir twee, want gedeelde pret is mos dubbel so lekker! 

 

Tog is daar sekeres van hierdie wat gemik is op enkelinge:

 

“Lamborghini and Ferrari Driving Blast for One, “Birds of Prey Three Hour Experience for One”, of wat van “Aerobatic Stunt Flying for One”?

 

Ons lees dat ons, kinders van die Here, reeds toegang het tot alles wat ons lewe op aarde moontlik maak, sien 2 Petrus 1:3.

 

Soos wat ek ouer word, besef ek egter dat die Here my  ook seën met die dinge wat my lewe beter maak. 

Dinge wat ek nooit eers geweet het ek mis nie.

 

Dit is wanneer ons deur die pyn van diep verlies gaan, dat ons die waarde van dit wat ons steeds het, besef. 

En elke dag word ‘n wonder.

 

Dit is wanneer ons deur die nagdonker van fisiese pyn stap, dat ons die geskenk van gesondheid die meeste waardeer.

En elke pynlose asemteug word ‘n lofsang.

 

Dit is wanneer ander se pyn te groot is vir ons om te hanteer, dat ons weer besef hoe groot en hoe teenwoordig die Hand is wat ons almal hier hou en koester.

 

En my eie seer my

ander se seer

beter leer

verstaan.

 

En ek besef hoe ‘n seën die seer kan wees.

Ek wíl dit nie sien nie, maar ek kan die lig wat hierop skyn nie wegwens nie.

 

Wat gee die Here dan vir die mens wat alles het?

(Al voel dit nie so nie.)

 

Seer. Seerder. Die visie van nog meer seer…

Seën.

Vir jou en

vir ander.

 

Hy het jou nie vergeet nie.

Soms seën Hy jou met seer.

 

 

Mary said, “I am the Lord's servant! Let it happen as you have said.”

Luke 1:38 CEV

 

 

 

Jou inspirasie vir die week: Oh My Soul


1 Comment


Roenel Kriek
Roenel Kriek
Mar 11, 2024

Dis ook my waarheid 👣

Like
bottom of page