top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

#SONA2018


Dis nie Hugh Masakela nie, maar Matthew West. Tog is die sentiment dieselfde:


“I woke up this morning Saw a world full of trouble now, thought: How’d we ever get so far down, and How’s it ever gonna turn around So I turned my eyes to Heaven I thought, ‘God, why don’t You do something?’ Well, I just couldn’t bear the thought of People living in poverty Children sold into slavery The thought disgusted me So, I shook my fist at Heaven Said, ‘God, why don’t You do something?’ He said, ‘I did, yeah, I created you’ “[i]


I created you.


Maar dis ‘n baie ‘tall order’ vir ‘n ou valerige meisietjie van Trompsburg wat lief is vir lees en skryf en haar bome. En verf en honde. En een wat nie eens kon redenaars praat op skool nie.


I created you.


Politiek is nie my passie nie. Skiet my maar. Ek kon nog nooit ‘n ordentlike redenasie voer nie: Teen die tyd dat ek my eerste punt goed genoeg na my sin verdedig het, het ek vergeet wat punt twee en drie was. En as ek jou moet vertel hoekom President Trump nie op my Kersfeeslysie is nie, sal ek afgemaak word as ‘n tipies emosionele voorbeeld van vroulike naïwiteit.


I created you.


My woorde wikkel soms skeef-vervormd agter die skoen in my mond uit, en lang ure omring deur baie mense put my uit. Fisies en emosioneel.


I created you.


Maar, Here, hoeveel keer kan ‘n nasie van een woestyn na die ander trek voor hulle die beloofde land bereik? Dit sou veertig jaar neem voor die Volk uit die woestyn kon kom. Ek is nou 41 jaar oud en die oënskynlike simboliek gaan nie ongesiens by my verby nie.


“Op ’n dag in die middel van die lente, twee jaar nadat die Israeliete uit Egipte uit weg is,

het die wolk van die tabernakel af opgelig.

Die Israeliete het toe getrek van die Sinaiwoestyn af tot in die Paranwoestyn,

waar die wolk weer tot stilstand gekom het.”

Numeri 10:11 Die Boodskap


Nick Vujicic (view-dje-sick) word sonder arms en sonder bene gebore, maar dit keer hom nie.

“I believe if God doesn’t give you your miracle,

You are a miracle of God for somebody else’s salvation.”


The State of MY Nation 2018

Ek sal bereid wees om te leer en te mentor

wanneer die geleentheid dit voordoen.

Ek sal bid vir die wat gebed vra, maar

ek sal meer bid vir diegene wat gebed nodig het.

Ek sal mense nie net die minimum loon betaal nie,

maar my liefde en hoop en geloof in oorvloed met hulle deel.

Ek sal enige vorm van korrupsie aanmeld, maar

ek sal myself die strengste beoordeel.

Ek sal my medereisigers met respek behandel,

nie omdat ons dieselfde velkleur of geloof of seksuele oriëntasie het nie,

maar omdat ons almal dieselfde Skepper het.

Ek sal wys omgaan met my geld en my goed,

en vra vir selfbeheersing as die versoeking te groot raak.

Ek sal oop wees vir onderhandeling om ‘n oorlog te voorkom,

maar altyd gereed wees vir ‘n geestelike skermutseling.

Ek sal toesien dat niemand wat my hulp vra

honger gaan slaap nie – al is dit net vir een aand.


Ek sal onthou waar my Krag vandaan kom...


“Elke dag wat hulle op pad was, het die wolk van die Here bokant hulle gebly.

Elke keer as die priesters met die verbondsark begin trek het, het Moses gesê:

“Staan op, Here, jaag u vyande weg voor U! Laat almal wat U haat, voor U padgee!”

En elke keer as hulle by die kamp aangekom en die ark neergesit het, het Moses gesê:

“Kom asseblief nou terug na die reuseskares van Israel toe, Here!”

Numeri 10:34 Die Boodskap


Elke dag wat hulle oppad was, het die wolk van die Here bokant hulle gebly.

Elke dag as hulle getrek het, het Moses die Here gevra om die pad gelyk te maak.

Elke keer as die dag verby was, het Moses die vertroostende nabyheid van Sy Vader gepleit.


Jesaja en Mattheus en Hugh Masakela en Matthew West en President Ramaphosa eggo ‘n kwintet-gesang die toekoms in:


We are the salt of the earth We are a city on a hill We’re never gonna change the world By standing still


I created you.



[i] Matthew West – Do Something (Ook jou temalied vir die week https://www.youtube.com/watch?v=b_RjndG0IX8)

コメント


bottom of page