top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Squeeziebottels en enkels


“Let Your living water flow over my soul

Let your Holy Spirit come and take control

Of every situation that has troubled my mind

All my cares and burdens on to you I roll”


Hierdie ou refrein uit my studentedae wals nou sommer so skielik hier in, en eintlik is dit perfek vir vandag.


Mense wat al dors was tot op die punt van ineenstorting, vertel van hulle hallusinasies. Die mees algemene is een van ‘n waterpoel omring met palmbome terwyl ander weer met alle mening wou struikel na waar watervalreën die stilte breek, want dit was sweerlikwaar die plek waar hulle water sou kry.


Later vind hulle uit dit was net ‘n skimbeeld.


Ander vertel weer van hoe hulle heeltemal hulle sin vir rigting verloor het en oortuig was hulle was vasgevang in die middel van ‘n oseaan of ‘n nimmereindigende doolhof waaruit hulle net nie kon ontsnap nie.


Later vind hulle uit dit was net ‘n leuen.


Sonder water kan die brein doodeenvoudig nie funksioneer soos wat dit bedoel was nie. Om dit vreeslik eenvoudig te stel: Daar is net nie genoeg water in die breinriviere om al die boomstompe by die regte bestemmings uit te kry nie.


Wanneer ons dalk onverwags op diegene sou afkom, sou ons vergewe kon word om te dink dat hulle heeltemal van hulle sinne beroof is.

Dat hulle totaal en al mal is.

Maar net omdat ons weet wat die waarheid is.


Selfs dan, is daar tye dat ek en jy ook maar so is.


Hoeveel keer loop soek ons nie na

vrede,

vreugde,

liefde en

hoop buite die wil van ons Vader nie?


Hoe baie keer vind ons nie uit dat dit wat ons beskou as

vrede,

vreugde,

liefde en

hoop maar net ‘n skim was wanneer ons eers enkeldiep in die Lewende Water staan nie?


Hoeveel nagte se slaap steel en vrees en teleurstelling en haat en moedverloor nie van ons nie, net omdat ons dink dat ons in ‘n situasie is wat nooit sal kan verander nie?


Hoe lank sal ek nog dors bly

omdat ek dink Hy sal nie my dors wíl les nie?


Dis wanneer ons nalaat om agt glase water ‘n dag te drink dat ons liggame begin ingee.

Aanvanklik kom ‘n mens dit nie agter nie.

Maar wanneer elke sel in my lyf jaar in en jaar uit ontneem word van lewegewende en hernuwende water, sal dit uiteindelik teen my tel.


Aanvanklik maak ek dalk net eers my voete nat in die Fontein van die Lewe.

Maar dit doen niks vir my spysvertering of my breinfunksie of my vel nie.

Dis eers wanneer ek roekeloos inspring en die Lewende Water indrink en dit toelaat om my van alle kante, binnekant en buitekant, skoon te was en vol te maak, dat ek die wêreld begin sien vir wat dit is.


Dat ek die oortjies van

vrede,

vreugde,

liefde en

hoop oral sien uitsteek.


Ek is moeg vir die goggas wat my bangmaak wanneer ek dors is.

Mag my squeeziebottel vol en my enkels nat bly hierdie week!


“If anyone is thirsty, let him come to Me and drink!

He who believes in Me [who adheres to, trusts in, and relies on Me],

as the Scripture has said,

‘From his innermost being will flow continually rivers of living water.’ ”

John 7:37 The Message



Jou inspirasie vir die week: Woman at the well



bottom of page