“War isn’t hell.
War is war and Hell is hell, and of the two, war is a lot worse.”
“How do you figure that, my son?”
“Easy, Father.
Tell me, who goes to Hell?”
“Unrepentant sinners, I believe.”
“Exactly.
There are no innocent bystanders in Hell.”
Ons Vader wat in die hemel is…
dankie dat U nie net in die hemel is nie,
maar ook in die strate van Kiev
Laat U Naam geheilig word…
waar drinkwater en kinderspeelgoed en skoene
oases van hoop word waar die uitgespoegtes
kan gaan drink
Laat U koninkryk kom, soos in die hemel, net so ook op die aarde…
mag die suis van gebede die geluid van geweervuur
versmoor
waar toksiese rook donker hang oor die stad
waai, Gees van God
Gee ons vandag ons daaglikse brood…
en laat dit vermenigvuldig word van hand
na hand
na hand
Vergeef ons oortredinge soos ons ook die vergewe wat teen ons oortree…
laat hierdie oorlog gesinne weer heel maak
bomkraters in blombakke omskep
- sonneblombeddings -
maar laat ons nie die onsigbare vyand
agter die boelie voor ons
mis nie
boelies bloei ook rooi
Lei ons nie in die versoeking nie, Here…
haat is ook een
en al het U elke reg gehad om te haat
het U steeds Liefde gespreek
Want aan U behoort my land en sy land en haar land en elke land
die krag om alles in stand te hou
en die heerlikheid tot in alle ewigheid.
Amen
Jou inspirasie vir die week: In Jesus Name
Comments