top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

T - r - u - s - t


Ek was nog nooit vreeslik goed met Nuwejaarsvoornemens nie – nie soseer omdat ek nie daarby kan hou nie, maar omdat dit nog nooit vir my vreeslik waarde ingehou het nie. Vir my was dit nog altyd half winkelpopvals en oop vir mislukking. Maar dit is maar net my eie siening uit my eie verwysingsraamwerk gebore.


Wat wel hierdie jaar ‘n liggie bo my kop laat aangaan het, is die idee om ‘n woord vir die jaar te kies. En sonder dat ek dit regtig moes gaan uitgrou tussen duisende moontlikhede het “TRUST” so stil-stil voor my voete kom lê.


En so begin die bevestigings manifesteer:


Psalm 131 se opskrif lees:

TRUST THE LORD


Jesaja 26:3 KJV

“Thou will keep him in perfect peace,

whose mind is stayed on Thee.”


En so seker as wat ek maar kan wees dat dit die Here self is wat met my praat, kom ‘n stil stem na my toe aangewaai: “Do you trust Me?”


Dalk is dit ook jou diepste hartsverlange hierdie jaar?


Want in die hart van elke mens is daar ‘n stille fontein van sluimerende onrustigheid.

Soms is dit die hand van berou oor ou foute, soms is dit die hand van ontevredenheid met vandag se dilemmas en soms is dit die hand van ‘n onheilige vrees oor die toekoms wat die fontein oopmaak en jou siel vul met bitter water.


En in hierdie wêreld is daar is geen antwoord vir geestelike kalmte wanneer hierdie spookbeelde opdringerig my lewe begin vul nie.


Net Christus sélf bring vrede in my gemoed vir elkeen van hierdie vrede-vangers.


Ek moet heel eerste ‘n lafenis vir my oproerige onthou van gister se sondes kry.

Wanneer ek soos ‘n drenkeling weier om die waarheid te laat gaan dat Hy die laaste ketting om my siel met Sy kragtige bloed gebreek het, dan is dit myne.


En as dit voel of vandag se uitdagings besig om die oorhand te kry, kan my geloof in die algehele en totale goedheid van God my selfs in die wreedste van oomblikke laat uitroep: “Even so, Father, for so it seemed good in Thy sight.”


En die vrees wat kom wanneer môre vir my loer? Hoe sal ek daardie maalkolk in my diepste binneste laat bedaar? Deur te onthou om te onthou om te onthou dat Hy nog altyd Liefde was.

Gister was Hy Liefde en vandag is Hy Liefde en môre sal Hy steeds Liefde wees.

Gister was Hy Wysheid, vandag is Hy Wysheid en môre sal Hy steeds Wysheid wees.

Gister was Hy Koning, vandag is Hy steeds Koning en elke dag hierna sal Hy steeds op Sy troon wees.


My gevoelens verander niks aan die feite nie.


My Facebook Memory van vyf jaar gelede duik toe mos ook heel vanpas op vandag:


“Dear Fear,

you must have hated today.

Sorry for the bloody nose. I’m doing it again tomorrow though.

Get ready, sucker!”


"Do you trust Me?



Jou temalied vir die week: You’ve always been


Comments


bottom of page