top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Toets My



“Toets my, Here,” kom die woorde vol brawade en met ‘n tikkie uitdaging oor Dawid se lippe.

“Ek het op die Here vertrou sonder om te twyfel.”

“… ek het volgens U waarheid gelewe.”

Psalm 26


Teen Psalm 51 het hierdie mens egter menslike foute gemaak en met die berouvolle hart van ‘n sondaarmens sonder pretensie, maak hy ‘n nuwe pleidooi.


“Wees my genadig, o God, volgens U troue liefde.

Wis tog my sonde uit, op grond van U barmhartigheid.”


Ons glo dat hierdie gebed van Dawid nie net gehoor is in die hoogste hemele nie, maar tot op die laaste letter waar geword het.


Ons glo, want ons lees in Hebreërs 11 van diegene, Dawid inkluis, wat deur te glo, koninkryke verower het, die reg herstel het, en verkry het wat God beloof het.


Toets my, Here.

En as ek val, help my, vergewe my, herstel my weer tot U eer.


Vanoggend word ek herinner aan ‘n ander toets.


“Die Here, die Almagtige, sê:


‘Bring al die tiendes

na die stoorkamers

sodat daar genoeg kos

in My tempel kan wees.


Toets My hierin of Ek nie vir julle

die vensters van die hemel

sal oopmaak nie.


Ek sal voorspoed op julle laat reën

wat meer as genoeg

vir julle sal wees!’ “

Maleagi 3:10 NLV


“Toets My,” sê die Here.


Hand-oor-die-oë-apie-emoji.

Want dit is eintlik… ondenkbaar, vermetel selfs.

Disrespekvol.

Totaal absurd.


Maar die Here God sê self: “Toets My…”


Doen wat Ek van jou vra, en toets My dan.


Gee, en Ek sal jou vir jou méér gee.

“…a good measure, pressed down, shaken together and running over…”


Leef getrou aan My, en Ek sal getrou wees teenoor jou.

“...I will never leave you, nor forsake you…”


Kies altyd die waarheid, en Ek sal sorg dat jy ‘n vry mens bly, al word jy omring aan alle kante.

“…the truth shall set you free…”


Ons faal nie omdat ons noodwendig elke liewe gebod oortree nie.

Ons faal meestal omdat ons Hom nie vertrou nie.


Wanneer ek goed begeer, vat wat nie myne is nie en weier om die keiser te gee wat hom toekom, vertrou ek Hom nie om vir my te sorg nie.

Wanneer ek jok, vertrou ek nie dat die Waarheid altyd wen nie.

Wanneer ek nie die gesag oor my eer nie, vertrou ek Hom nie dat Sy plan groter is as my plan nie.

Wanneer ek haat, vertrou ek Hom nie dat die goddelose eendag hulle straf sal kry nie.


“Doen wat Ek vra en toets My dan,” sê die Here.

En dít word die aanloop tot Sy seën.



Jou inspirasie vir die week: Fear no more



bottom of page