“You cannot escape pain.
But you can escape joy.”
Ps. Chris Bishop
Hierdie kant van die hemel sal daar altyd kontras wees: Lig en donker, swaarkry en lekkerkry, lag en huil. Toe ons vanoggend hierdie ou-ou liedjie sing, val dit my op hoe die koorleier presies dieselfde klem lê op die goedheid van die Here in beide:
Blessed be Your nameWhen the sun's shining down on meWhen the world's 'all as it should be'Blessed be Your name
Blessed be Your nameOn the road marked with sufferingThough there's pain in the offeringBlessed be Your name
Aan beide kante van okay wees, is die Here daar.
Hy is daar die oggende wanneer ek opstaan met ‘n lied in die hart en
Hy is daar as ek een oomblik nog in Kanaän is en die volgende in Egipte wakker word.
Méér nog…
Hy is goed as my hart lig in my lê en
Hy is steeds goed as dit voel of die plek waar ek my bevind ‘n lewenslange vonnis is.
Josef was jonk en naïef en dalk net so effens moedswillig ook. Daarvoor beland hy in groot moeilikheid en baie ver van sy huis af.
Maar die Here se seën was op Josef en kort voor lank het die who’s-who dit ook besef. En die seën wat op Josef was, drup af en loop oor almal rondom hom.
The good and the bad.
En toe was dit toetstyd.
Karakter-toetstyd.
Sou Josef steeds die moedswillige, bedorwe brokkie wees wat tevrede sou wees om sy pa se oogappel te speel en die een kleurvolle K-Way na die ander te kry?
Of sou die werk waarmee die Here besig was in Josef gereed wees om goeie vrugte te dra?
Potifar se vrou is die toets.
En Josef wys wie hy werklik is.
Elke keer as die Potifar-se-vrou monkey-puzzle voor hom neergesit is, het hy gekies om te refuse en te remain.
Tot op ‘n punt.
Daardie dag was sy enigste werkbare keuse om te refuse en te run.
Dit het nie goed geëindig vir Josef nie.
In aardse terme.
Die Here se ekonomie werk egter bietjie anders:
“While Joseph was in prison, the Lord helped him and was good to him…
the Lord was with Joseph and made him successful in all that he did.”
Gen 39:20 CEV
En Josef word die leier en redder van baie, sy familie ingesluit.
Die Here kon hom nie kragtig gebruik, voordat Hy hom nie eers ten uiterste beproef het nie.
Ek kán suksesvol wees, al voel dit vir my ek is in die tronk.
Sy goedheid soek my en vind my binne-in die plekke waar ek die minste wil wees.
Mag ek nie die vreugde mis wat Hy vir my beplan
omdat ek wag vir die pyn
om eers te verdwyn
nie.
Jou inspirasie vir die week: Hope in front of me
Wonderlike vertroosting! Dankie Maxi.
Wow waar woorde..want Sy Goedheid agtervolg my selfs al verdien ek dit nie🌺