top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Totaal Oorgelewer



Do you know where you're going to? Do you like the things that life is showing you? Where are you going to? Do you know?

Diana Ross - 1976

Moses is dood en Joshua is die nuwe leier. Die Volk het kamp opgeslaan op die oewer van die Jordaanrivier en Jerigo staan afgeëets teen die oorkant, omring deur palmbome en baie hoë mure.


Vir twee dae staan hulle daar. Die Beloofde Land was so naby, hulle kon heel moontlik die bokke hoor blêr aan daardie kant.


“Two days later their leaders went through the camp, shouting,

‘When you see some of the priests carrying the sacred chest,

you'll know it is time to cross to the other side.

You've never been there before, and you won't know the way,

unless you follow the chest.

But don't get too close! Stay about a kilometer back.’ “

Joshua 3:3 CEV


Alexander MacLaren was ‘n Skotse teoloog en prediker wat na 45 jaar as werker in diens van die Here in 1905 afgetree het. Sy Bybelkommentaar was goed gegrond in deeglike kennis en lewenslange ondersoek van die oorspronklike Hebreeuse- en Griekse geskrifte.


Van hom is daar geskryf:


“Maclaren's religious life was hid with Christ in God. He walked with God day by day.

He loved Jesus Christ with a reverent, holy love and lived to make Him known.”


Met sy uittrede uit die bediening was sy afskeidswoorde :


"To erase oneself is one of a preacher's first duties."


En dit is nou juis Alexander MacLaren se kommentaar op hierdie gedeelte in Joshua wat vanoggend iets in my roer.


‘n Mens lees van Eksodus af deur Numeri, Levitikus en Deuternomium van die Volk se opstandigheid, ongehoorsaamheid en gemor…


(Iemand vertel my een oggend dat wanneer haar ma

iets teen haar sin moes doen,

sy baie hard en duidelik sou sê:

“Dis reg so, maar die Here hoor my brom!)


… en hoe die Here hulle straf deur die belofte van ‘n nuwe land van hulle af weg te neem. Niemand van hulle sou ooit in Kanaän se oorvloed deel nie, hulle hele generasie sou in die woestyn sterf. Behalwe Joshua en Kaleb en hulle gesinne.


Die nuwe volk wat saam met Joshua en Kaleb die Beloofde Land in besit sou neem, was dus nog nooit uit die wildernis nie! Hulle is daar gebore, en het daar grootgeword. Hierdie sou hulle heel eerste ervaring van ‘vryheid’ wees. Maar eers moes hulle die stad met die hoë mure inneem.


Geen wonder dan dat die Here hulle reeds vroeg al aangemoedig het:


“Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade.

Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek,

die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

Joshua 1:9 1983- vertaling


Die Here het geweet wat wag.


Maar Hy het mos spioene gestuur ook, in Numeri, dink ek nou. Sou hulle dan nie hierdie magtige vesting in Jerigo gesien het nie? Tot ek in Numeri gaan lees dat die spioene gestuur is na die suide van die land toe – daar waar die druiwetrosse uit die Sondagskoolboekies van ouds deur twee manne gedra moes word – en Jerigo was ver noord daarvandaan.


Sou die Here geweet het dat Sy Volk se moed maar min sou wees as Hy hulle eers die opoffering sou wys?

Sou Hy gedink het dat die beloning Sy feilbare skeppings meer sou motiveer?


Vandag nog is die belofte van ‘n hemelse beloning vir ons stryd hier op aarde al wat my soms aan die gang hou, so ek verstaan.


“You've never been there before, and you won't know the way,

unless you follow the chest.”


Daar is bitter min paaie wat ek en jy nog nie gestap het nie. Vir baie – dalk spesifiek rondom ‘n sekere tyd in jou lewe – voel dit soms of die eentonigheid genoeg is om die laaste bietjie lewensvreugde uit jou dae te dreineer.


Oor-en-oor dieselfde. Elke dag nes gister.


Daar is tog diegene wat voor ‘n nuwe pad staan, reg om die eerste treë te gee: ‘n Nuwe werk, ‘n nuwe lewensmaat, ‘n nuwe blyplek, ‘n nuwe land. En dit is dalk waar van jou: “You’ve never been here before.”


Vir ander lê daar ook minder lekker nuwe paaie voor: ‘n Nuwe lewe van alleenwees, ‘n nuwe hartseer, ‘n nuwe angswekkende uitdaging.


Bitter min mense sal egter gereeld voor ‘n nuwe pad staan en sê: “Híér het ek nog nie geloop nie.” Want selfs ongelooflike hoogtepunte en ondenkbare swaarkry, is geneig om ‘n herhalende tema in die lewe van die mens op aarde te wees.


Hoeveel keer ons egter dieselfde ou uitgetrapte paadjies ookal raakloop – niks is ooit presies dieselfde nie.

Want ek is nie dieselfde nie. En ons onkunde oor dit wat om die draai wag, maak my aanslag op hierdie pad ook anders.


Wat ‘n wonderlike seën is dit nie dat ons nie altyd weet wat die volgende myl gaan bring nie. Dit skep ‘n verwagting op ‘n beter uitkoms, dit bring ‘n nuwe energie en ‘n varsheid aan selfs die ergste sinkplaatpad. As jy dit so sou kies, natuurlik.


So op ‘n manier is selfs die mees bekende paaie ook nuut en onbekend omdat ons nie alles vooruit kan sien nie. Volgens MacLaren: ”…every step of our earthly course… was most blessed in its possibilities and its uncertainties.”


“When you see some of the priests carrying the sacred chest,

you'll know it is time to cross to the other side.“


[Net so 'n priesterlike voetnota: Wanneer die moeilikheid kom – hulle het reeds geweet van die vyandige stamme aan die ander kant van die Jordaan – was die priesters so ver verwyder van die res van die Volk dat daar niemand sou wees om hulle te verdedig nie. Die Ark sélf sou hulle beskerming wees en die priesters se geloof en vertroue en dapperheid sou ‘n voorbeeld vir die res van die Volk wees.]


Maar hierdie was ‘n nuwe ding vir die Volk. Hulle was gewoond aan die wolkkolom in die dag en die brandende vuur daarin in die nag. Op ‘n manier was dit die verskuiwing van die Volk se fokus van die bonatuurlike leiding van die onsigbare God af, na die sigbare manifestasie van Sy plan vir hulle in die verbondsark. Die ark wat dan ook ‘n teken sou wees van Christus wat sou kom.


Die Volk sou nie beweeg as die verbondsark nie beweeg nie.

Ons, as uitverkore volk, se hele doel op aarde opgesom in hierdie woorde van Jesus: “Volg my.”


Maar hoekom moes hulle so ver van die ark af wegbly?


“But don't get too close! Stay about a kilometer back.“


In ons lewe as kinders van die Here, maak ons seker die meeste foute wanneer ons nie die Ark ‘n groot genoeg voorsprong gee voordat ons ons tentjies en goedjies oppak en begin volg nie.

‘n Menslike ongeduld met met God se half-openbaarde Wil, die manier wat ons het om te wil hardloop voor ons nog gestuur is, is die wortel van meeste van die Christen se mislukte pogings en die oorsprong van baie van ons hartseer.


As ons net genoeg geduld kan hê om die Ark eers die pad mooi vir ons te laat wys.


“If you are not quite sure what God wants you to do,

you may be quite sure that He does not at present want you to do anything.”

Alexander MacLaren


Wanneer ek met verwagting wag op die leiding van die Here, mag die wêreld my stilstaan merk as slapheid, ‘n swakheid wat aangespreek moet word. Maar steeds eerder dit as om te ver op ‘n pad te loop waar die Ark nooit gelei het nie.


“I will instruct thee and teach thee in the way which thou shalt go:

I will guide thee with mine eye.”

Psalm 38:8 KJV


Nes ‘n pa wat met een kyk vir my kan laat verstaan dat dit wat ek nou doen, reg is. Of nie.


“What is the use of the glance of an eye if the man for whom it is meant is half a mile off,

and staring about him at everything except the eye that would guide?

… Keep near Him, and you wil not lack direction.“


Naby genoeg om Sy stil, sagte stem te hoor,

maar ver genoeg om te sien

waarheen Hy my wil lei.


Totaal oorgelewer.



Jou temalied vir die week: GOD, I LOOK TO YOU



bottom of page