top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Twee treë


Ons moes hierdie week ná donker reeds vir Katie veearts toe vat (sy is okay). Terwyl ons daar wag, sien ons die kersies brand op die toonbank en ons weet: Hier is iemand wat moet groet.


Toe die deur oopgaan stap ‘n ouerige dame, ‘n middeljarige “tradie” (hy het nog sy gevlekte werksklere, geel sigbaarheidsbaadjie en modderige stewels aan), en ‘n ouer man doelgerig in gelid by ons verby, hulle oë op die grond, maar vol trane.


Ek kon nie help om te dink hulle moes dalk die seun se grootword maat daar kom los nie.


Agter ons is ‘n jong gesinnetjie met ‘n klein dogtertjie en ‘n ou steekhaarbrakkie besig om met die veearts te gesels en skerts en mis hulle die begrafnisprosessie heeltemal.


Twee treë skei hulle.

Vreugde – hulle woefie is oraait, en…

verwoesting – syne is nie.


Terwyl ons spore trap soos mense het lig en donker nie ‘n keuse as om in dieselfde atmosfeer te leef nie.

Maar terwyl ons spore trap soos mense, het ons ‘n teenvoeter vir die donker wat dreig om ons te versmoor – al weet mense twee treë van ons af niks daarvan nie.


“Rejoice always and delight in your faith;

be unceasing and persistent in prayer;

in every situation [no matter what the circumstances] be thankful and

continually give thanks to God; for this is the will of God for you in Christ Jesus.”

1 Thessalonians 5:16 CEV


No matter what the circumstances.


Aardbewings in Turkye.

Oorstromings in Mosambiek.

Oorlog in die Oekraïne.

Dood in jou gesin.

Ongeneeslike siekte in jou lêer.


Hoe?

Om Vadersnaam… hoe?


“God is sterk en Hy het vir ons alles gegee wat ons nodig het om so te lewe

dat ons Hom kan dien. Ons kán so lewe omdat ons Hom ken.”

2 Petrus 1:3 Afrikaanse Bybel vir Almal


Ons kán so lewe omdat ons Hom ken.


As ek sukkel om so te lewe –

altyd bly

altyd biddend

altyd dankbaar

- dan ken ek Hom dalk nie so goed as wat ek kan nie.


Dan gaan skoffel ek weer tussen die lyne van Sy Woord, aktief soekend na die wyses waarop Hy Homself openbaar en slurp ek dit op soos een wat vir té lank in die woestyn was, dors vir méér van Hom.


Wees genadig met diegene twee treë van jou af.



Jou inspirasie vir die week: Desert Road



bottom of page