top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Verskilmakers



My nooiensvan was Vermeulen en in my klas by Hoërskool Trompsburg was daar nét een wat ná my in die mondelingry was: Sharon Wilmot.


Ek weet nie of dit ‘n goeie of ‘n slegte ding was nie. Aan die een kant het dames Breedt en Britz en die manne De Jongh reeds hulle veg-of-vlug respons alweer goed onder beheer gehad teen die tyd dat dit my beurt was.


Aan die ander kant, deur te luister na hulle weergawes, kon ek soms idees kry vir my eie wat nog moes kom.


Dis darem maar wonderlik hoe ons elkeen gekies word vir ons rol in hierdie lewe, in die baie spesifieke tyd en plek soos wat die Here dit besluit het.


Nes in daardie mondelingry, het ons elkeen ‘n spreekbeurt in hierdie lewe. Of dit nou is om met die wêreld te deel op ‘n internasionale platform, en of dit ‘n intieme gesprek is met die vroutjie wat jou naels doen.


Daar is ‘n tyd en plek dat dit wat jy het om te sê, deur niemand anders gesê kan word nie.

As die woorde van enige iemand anders sou kom, sou dit bloot nie dieselfde impak hê nie.

En al is die woorde nie jou eie nie, het jou woorde steeds die potensiaal om lewens te verander.


Die wêreld het egter ‘n manier om ons stem te kom steel.


Ons het sopas die laaste reeks van Great British Menu gekyk en vandag is die skaamste, in-hom-self-weggesteekte, mees briljante chef as wenner aangewys. Selfs die woorde dat hy uiteindelik Champion of Champions was, kon skaars sy oë van die grond af lig.


En ek wonder wie sy stem gesteel het.


“Don’t be afraid, for I am with you.

Don’t be discouraged, for I am your God.

I will strengthen you and help you.

I will hold you up with my victorious right hand.


See, all your angry enemies lie there,

confused and humiliated.

Anyone who opposes you will die

and come to nothing.


You will look in vain

for those who tried to conquer you.

Those who attack you

will come to nothing.


For I hold you by your right hand—

I, the Lord your God.

And I say to you,

‘Don’t be afraid. I am here to help you.


Though you are a lowly worm, O Jacob,

don’t be afraid, people of Israel, for I will help you.

I am the Lord, your Redeemer.

I am the Holy One of Israel.’ “

Isaiah 41:9 New Living Translation


Jou stem tel.

Jou stem maak ‘n verskil.

En dit het niks met politiek te doen nie.


Wanneer jy iemand se hoop weer optel uit die modder voor hulle voete en saggies, dog ferm, in hulle arms terugdruk, gaan lig aan in donker plekke.

Wanneer jy iemand verdedig wat self nie daar is om dit te doen nie, blaas jy die muur van vuur aan wat om hulle brand.


As jy toelaat dat die Here jou stem word,

Sy woorde joune,

bring jy water na dorstige plekke,

‘n pad uit die moeras van vroeëre foute en berou.


Moet vir geen oomblik dink jy kan nie ‘n verskil maak in hierdie wêreld nie.


Verskilmaker is deel van jou Goddelike DNA.



Jou inspirasie vir die week: You can


bottom of page