top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Vir altyd is vir altyd

Updated: Feb 4, 2023




Openbaring is scary. Nie (net) omdat die beelde soos iets uit ‘n Hollywood-bangmaker se diepste verbeelding mag voorkom nie, maar ook omdat dit soms so onverstaanbaar intimiderend lyk vir ‘gewone’ kinders van die Here.


Vanoggend is ons herinner deur ‘n passievolle jong Luke Owen-Jones hoe geweldig intiem-eenvoudig Johannes die boek begin. Openbaring 101, kan ‘n mense sê. Die basiese boublokke van die storie wat hier ontvou. En wanneer jy dít in gedagte hou, dan maak die res soveel meer sin.


“May kindness and peace

be yours

from Jesus Christ,

the faithful witness.


Jesus was the first

to conquer death,

and He is the ruler

of all earthly kings.

Christ loves us,

and by His blood

He set us free

from our sins.


He lets us rule as kings

and serve God His Father

as priests.


To Him be glory and power

forever and ever!”

Revelation 1:5,6 CEV


Die hele Johnny Depp/Amber Heard debakel het ‘n mens nogal nuwe insig kom gee in die term ‘faithful witness.’ Luke verduidelik hoedat sy klein dogtertjie nog op die ‘faithful witness’ stadium is. As hy in die kamer inkom en die ander sussie huil en hy vra haar hoekom, sal sy sommer reguit erken dat dit is omdat sy haar sussie se hare getrek het, of haar pop gevat het. Sy besef nog nie dat sy ‘n ander keuse het as om ‘faithful’ te wees nie.


Iets wat ons heeltemal te vinnig verleer.

Nog iets wat ons meer soos Christus kan maak.


Dan vertel Johannes van Jesus wat die eerste was om op te staan uit die dood.

“Is nie!”, praat my binne-stem in die diens vanoggend.

“Wat van Jaïrus se dogtertjie, en Lasarus? En al die baie ander waarvan ‘n mens lees in die Bybel?”


Maar hulle het almal wéér gesterf.

Net Jesus het nie.

Sy opstanding het die finaliteit van die dood finaal oorwin.

Dít is die verskil.


Hy heers.

Hy het geheers, ook toe die wiele afgeval het.

Hy sal altyd heers, al val die wiele weer af.


Hy het ons lief.

Het het ons van altyd af liefgehad, selfs toe ons nie lieflik was nie.

Hy sal ons tot in ewigheid liefhê, selfs al sal ons soms nie lieflik wees nie.


Hy maak ons vry.

Hy het ons vrygemaak van al die bande van foute uit die verlede.

Hy sal ons vrymaak van al die bande van foute in die toekoms.


Maar dan kom hy by óns deel van draaiboek.


Hy laat ons heers.

Hy laat ons dien.


Beide is voorregte. Onverdiend.

Beide is opdragte. En weeg ewe veel.


En daarom… Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag vir altyd en altyd, amen!



Jou inspirasie vir die week: God is in the story





bottom of page