top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Vir wanneer ek dof geword het


Dit het die eerste keer in Jeffreys gebeur en my ‘n hele stel glase gekos. Toe ons in Engeland kom, gebeur dit al hoe meer en ek kon nie elke keer ‘n stel glase afstaan nie.

Kalsium. Dit pak op die glase en borde aan en laat alles vaal en oud lyk. Noem my maar ‘n ignoramus (afgelei van die Latyns vir stupid), maar ek het net nie geweet hoe om daarvan ontslae te raak nie.

Sien, volgens my was daar 2 opsies:

(1) Raak ontslae van die beskadigde voorwerpe, en

(2) maak die skottelgoedwasser goed skoon. Dit kan mos nie weer gebeur nie, kan dit?

Dit kan. Die probleem is nie die skottelgoedwasser nie. Die probleem lê in die water.

Dankie tog vir Google. Blykbaar is ek nie die enigste onkundige op die gebied van watergehalte in die UK nie.

Die oplossing kos ‘n skamele 40p en bietjie elmboog olie en daar is onse breekgoed weer silwerskoon!

Sien, behalwe vir die smaak, is die asyn hier darem goed vir een ding. Ek moes die breekgoed net mooi hard en duidelik daarmee skrop en ta-daaaaaa!

En van toe af, so 20 minute in die wassiklus in, maak ons die deur oop en gooi ‘n reuse skoot asyn in voor dit verder was. Probleem opgelos!

Dit het my laat dink hoe ek soms beledig voel as die Heilige Gees my sagkens vertel ek lyk bietjie vaal, ek sprankel nie meer so mooi nie.

My verskonings is baie en my oplossings vindingryk, maar kort van duur en tevergeefs.

Dankie tog die Vader se antwoord is nie om my net te vervang nie! Soms vat dit bietjie skuur en skaaf en nerwe verloor om weer die glans van die verlossing terug te kry. Dis die tye wat ek deur Jeremia worstel om te probeer verstaan hoe die Here met die Volk in al hulle onvolmaaktheid werk en hoe geweldig omvattend Sy plan was vir hulle redding.

Geen mens sou seker in daardie oomblik die wysheid van hierdie woorde kon verstaan nie:

“People of Jerusalem, I, the Lord, give you the choice of life or death.

The Babylonian army has surrounded Jerusalem, so

if you want to live, you must go out and surrender to them.

But if you want to die because of hunger, disease, or war, then

stay here in the city.”

Jeremiah 21:8 CEV

Wat ‘n keuse! Soveel knieë moes knak daardie dag om die Volk en die stad van versekere uitwissing te red.

Dit vat soms ‘n groot klomp nederigheid om te buig voor die Here se Wil.

Maar dis presies wat dit sou vat om die Volk se vreugde weer terug te bring.

Ek het ‘n hardkoppige streek. My man vertel graag laf en spottenderwys vir almal wat vra hoe dit met my gaan: “Parmantig, soos altyd!”

Maar die Here werk met wat ek het en soms ruk Hy die mat onder my uit om my knieë te buig.

Soms is die hand van die Gees in die waai van my knie al wat nodig is.

Want Hy weet – dis al manier hoe ek my vreugde terug sal kry.

“God’s words have done much for us

when they brought us to repentance;

more when we are led to trust in God;

yet more when they enable us to live the life of obedience.

But they have not done all they were designed and are able and willing to do,

until they have become the ‘joy’.”

As ek soveel vreugde kon kry deur uit te vind van die krag wat in asyn lê, dink net hoe bokspring my gees as ek in die Woord uitvind hoe die Here se plan vir my werk!

Hoe dit lýk, pas my dalk nie altyd nie.

Ek is seker die mense van Jerusalem in die tyd van Jeremia het ook so gevoel.

Maar hoe dit wérk…

Elke dag onthul Hy so bietjie meer van Sy plan en in die dae dat ek dit nou glad nie kan sien nie, is my knieë dalk net te ver van die grond af.

Het die lewe se aanpaksels my dof gemaak… moeilik om uit te kyk, moeilik om in te sien.

My amper… onbruikbaar gelaat.

Note to self: As ek nie elke dag toelaat dat Sy Woord oor my spoel nie, sal ek dalk net van mysélf ontslae wil raak.

Jou temalied vir die week: Speak to me


Comments


bottom of page