Ek was jonk, ongetroud en vol optimisme toe die meenthuis in Elarduspark, Pretoria, in die mark kom. Die dag toe ek die eiendomsagent daar moes ontmoet onthou ek so goed, want beide die man en vrou aan wie die plek behoort het, was in rolstoele.
Die skuinsvlak op na die voordeurtrappie en die paar kneusplekke waar meer as net mure mekaar ontmoet het, was ‘n teken dat hierdie mense ‘n storie kon vertel van aanpassings maak. Elkeen vir homself, maar ook vir mekaar.
Hoe goed kyk ek na myself?
Nie omdat sélf belangrik is nie, maar omdat jy ‘n gesonde ek mag nodig kry.
Die makliker deel is om om te sien na my fisiese liggaam. Daar is miljuisende boeke en artikels en praatjies en wat nog alles oor hierdie onderwerp beskikbaar en ook geen tekort aan opinies nie!
Maar hoeveel van daardie selfhelpgidse krap ooit bietjie dieper as die self-motief?
Kry ek genoeg slaap, sodat ek môre die kinders kan rondry en my kollegas se las kan help dra en vanaand my man se honger kan stil?
Eet ek gesond, sodat my gewrigte soepel genoeg is om Katie se ouerwordende lyfie aan die beweeg te hou, ‘n vriendin se tennisafspraak na te kom en saam met my beste vriend Londen te kan verken?
Maklik…er. Want vrek, maklik is dit nie!
Wat egter moeiliker is, is om geestelik gesond te bly. Dit is ook nie ‘n nuwe probleem nie. Reeds in Filippense se tyd sou mense vra: “Hoe doen ons dit?”
“Finally, believers, whatever is true,
whatever is honourable and worthy of respect,
whatever is right and confirmed by God’s word,
whatever is pure and wholesome,
whatever is lovely and brings peace,
whatever is admirable and of good repute;
if there is any excellence, if there is anything worthy of praise,
think continually on these things [centre your mind on them, and implant them in your heart].
Philippians 4:8 AMP
So, wat is dit wat eerbaar en reg en heilig is?
“Godly meditation
[thinking continually on these things, centring your mind on them,
and implanting them in your heart]
is meditating on WHAT GOD SAID,
not on thoughts, feelings or fears.”
Sou iets by my opkom wat my gees skeef kom trek, moet ek vra:
Is hierdie iets wat God sê, of is dit net ‘n gedagte, ‘n gevoel, of ‘n vrees?
G – G – V?
Want nie een van die bogenoemde terrible trio verdien ‘n oomblik van my vrede nie.
Dis bloot die vyand se manier om my uit die geveg om my medemens se siel te hou.
As ek regtig ander mense in hulle rowwe waters van geestelike nood wil bystaan en inspireer en bemoedig, het ek nodig om self ewewigtig op die onwankelbare rots van God se woord te kan staan. Ek hoef julle seker nie te vertel hoe moeilik dit is om geestelike eerstehulp te kry by iemand wat rondloop met die wonde van hulle eie onvrede nie.
“So may the words of my mouth, my meditation-thoughts,
and every movement of my heart be always pure and pleasing,
acceptable before your eyes, Yahweh,
my only Redeemer, my Protector.”
Psalms 19:14 The Passion Translation
Dit is nie net ‘n mooi Boney M song uit die 70’s nie.
Dis deel van God se noodhulptassie vir hierdie wêreld:
Vrede vir vriende.
Jou inspirasie vir die week: New today
Comments