top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Vreemdeling


Dis nou ‘n al ‘n hele paar dae dat ek vashaak by Psalm 119, en ek trek nog nie eers by die twintigste vers nie.


“Ek is ‘n vreemdeling op die aarde;

verberg U gebooie nie vir my nie.”

Psalm 119:19 Afrikaans 1953-vertaling


Wanneer ‘n mens self vreemdeling word, dan kry hierdie woorde nuwe betekenis.

En een van my ligsien-oomblikke hierdie week, kom vir my in die kommentaar van T. Kidd:


A REMARKABLE CONFESSION

A stranger is absent from home.

A stranger has no fixed residence where he is liable to move,

he looks for changes, and meets them without surprise.

A stranger feels no particular interest in the place through which he passes,

or in the events which transpire around him:

he is not wholly unaffected by them; yet many things which concern a resident are of little or no consequence to a traveller: his home is elsewhere,

and his main business lies in another quarter.

A stranger forms no intimate connection with the society among whom he is cast.

He converses with them; he shows to all civility and respect;

but as a stranger he never thinks of close alliance and lasting friendship.

A stranger reckons on inconveniences, and prepares to meet them.

If he cannot have things altogether to his mind, he submits:

if he be treated with neglect, it gives him not much concern: direct affronts do not deeply affect him —

he is but "a stranger," and he looks forward to home

as the seat of comfort, and the place of rest.


En as ek aan my eintlike Vaderland dink as by die voete van Jesus eerder as aan die voet van Tafelberg, dan kry hierdie woorde vir my nóg ‘n dimensie van betekenis.


Hierdie is nie my huis nie.

By my huis is my plekkie leeg.

Maar terwyl ek hier is, verwag ek verandering om elke draai

en niks kan my onkant betrap nie.

Dit wat rondom my gebeur –

BREXIT, die opkomende verkiesing, die finansiële onsekerheid –

laat my nie koud nie, maar dit gee my ook nie slapelose nagte nie, want

hierdie is nie my huis nie.

Vriende het ek wel en goeies daarby, maar selfs dit is van ‘n veranderende aard.

Word ek sleg behandel, pla dit my nie, want

hierdie is nie my huis nie.

In die huis van my Vader is daar vele wonings en wag ‘n Vriend vir my.


Dit is so maklik om ingetrek te word in die drama wat ons elke dag opgedis word. Tensy jy jou oog vierkantig op die ewigheid hou, verloor jy dalk net jou vastrapplek, verloor jy dalk net jou hoop om eendag weer die lig te sien.


Hou dus vas waaraan jy wil in hierdie wêreld, maar doen dit liggies.

Hierdie is nie jou huis nie.



Jou temalied vir die week: One day


Comments


bottom of page