Spreuke 18:12 sê nie verniet dat onnadenkende woorde soos messteke is nie.
Die een ding wat egter nog erger aan my linkerkleintoontjie se liddoring kom krap, is woordmakers wat hulself so ligtelik-afmakend verontskuldig deur ‘n vinnige ‘ag, jammer, man’ of ‘dis sommer net ‘n grappie.’
Dit is nie. En jy weet dit.
Meer aanstootlik nog – die woorde verander nie.
En die gedrag wat volg wys nie die graad van die jammerte wat jy sou verwag nie.
Was die mesgooier-woordmaker al ekself?
Ja.
(sug)
Maar daar is tog troos wanneer jou lewe nie meer jou eie is nie.
Jy dink nog jy gaan skeef trap, dan pyn jou enkel al…
Die woorde is nog oppad van jou brein na jou mond, dan brand daai kooltjie al ‘n harderandgat in jou verstand totdat jy die Lewende Water gaan opsoek daarvoor.
“But when the fruits go along with the signs of Godly sorrow,
then those signs are of real worth,
telling us as they do of the broken and contrite spirit
with which God is well pleased.”
Om jammer te wees, is nie genoeg nie. En, o die Vader weet: Ons het almal genoeg om oor jammer te wees!
Om jammer te lééf… dit is wat die liefde van ons vra.
Die Volk in die tyd van Jeremia, nes ons eie volk ook maar in die tyd van Ramaphosa en Trump en Johnson en Ardern, kon eers die troos van die Here beleef nadat Hy hulle sonde uitgewys het.
En nadat Hy hulle sonde uitgewys het, het hulle ‘n keuse gehad.
S. Conway se kommentaar op Jeremia 50 lees so mooi:
“The great thing to note is that Israel,
being free to choose,
chooses the right thing.”
En die Here se belofte?
“I will rescue a few people from Israel and Judah.
I will forgive them so completely
that their sin and guilt
will disappear,
never to be found.”
Jeremiah 50:20 CEV
Maar wat daarvan as jy aan die ander kant staan, jou rug ‘n litteken-oseaan waar mespunte al jare reeds merke gelaat het?
Ds. Jasper Louw van Loerie-gemeente in die Oos-Kaap deel hierdie week:
Jan van der Watt vertel van die gestremde seun, Herman, wat jare gelede op ‘n plattelandse dorpie gebly het. Die kinders het hom gespot en die grootmense het hulle nie aan hom gesteur nie. Maar die kleiner kindertjies het ure saam met hom gespeel.
Een van die aangrypendste dele van die verhaal, is waar van die klein kindertjies een aand op sy pa se skoot klim en toe die pa hom vra wat hy die dag gedoen het, sê hy: “Ek het vandag met Herman gespeel. Pappa weet, hy is so anders…”
Sy pa wou eers taktvol begin verduidelik toe die kleintjie vinnig aangaan:
“Ek het vanoggend per ongeluk sy wit muis in die rivier laat verdrink. Ek was verskriklik bang, want ek weet hoe lief Herman vir sy muis was. Hy’t baie hard gehuil oor sy muis, en ek het gevoel of ek al my speelgoed en varkie vol geld vir hom wou gee om hom te troos.
Ek het gedink dat hy my nooit gaan vergewe nie. Nooit weer met my gaan speel nie.
Maar vanmiddag het hy my weer kom haal. En toe hy my hand vat, toe voel dit vir my of hy klaar alles vergeet het. Dit was alles net soos dit altyd was.
Ek wil ook eendag graag soos Herman wees.”
Of ek nou vanaand met ‘n bloedbevlekte mes in my hand staan en of my muis leweloos in die kabbelende riviertjie afdryf, vanaand – hier en nou – het ek ‘n keuse.
Mag my Kersboom goeie vrugte dra hierdie jaar.
Jou inspirasie vir die week: Today is the Saviour’s day
https://www.youtube.com/watch?v=5787vapqkXY&ab_channel=RendCollective
Comments