top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Vryheid bring sy eie reëls



Hierdie week hoor ek in ‘n Focus on the Family insetsel: “Sometimes you have to give people the freedom to be angry…”


Hier moet ek nou eers vir Mnr. Google nader,

want wat op aarde is ‘n ‘people pleaser’ in Afrikaans?


…en my ingebore mensepaaier-selstruktuur ril.


Dis mos nou nie iets wat maklik kom vir hierdie meisie nie. Ek ken mense wat regtig nie ‘n flenter omgee of ander vir hulle kwaad is of nie. Maar sulke goed gee my nagmerries. Al van kleins af. Dalk wás ek Juffrou se witbroodjie, maar nie omdat dit vir my belangrik was dat sy van my hou nie – dit was vir my belangriker dat sy nie vir my kwaad is nie!


Die hele paneelgesprek op radio daardie oggend het my laat dink aan hoe baie vryheid die Here eintlik ons deel maak elke dag.

Toegegee – daar is soms steeds tye dat ek dit met groot respek vir Hom wil terugpos. Vir die oënskynlike weerspreking van die eeu: Dit sou net soveel makliker gewees het daarsonder.


Maar wat dan van


“… as jy na die tempel toe gaan om ’n offer aan God te bring en jy onthou skielik dat ’n vriend of ’n familielid van jou om die een of ander rede vir jou kwaad is, moet jy jou offer net daar laat staan.” Gaan dadelik terug en maak reg wat verkeerd is tussen julle.

Daarna kan jy terugkom en jou offer aan God bring…”

Matt 5:23 Die Boodskap


Nou hoe nou?


En my offer? Kan tog nie hier net praat van my kleingeld in die omstuur-bordjie elke Sondag nie?


“Gee julle hele lewe aan Hom. Julle moet lewende offers in God se hand wees.

’n Lewe wat voltyds afgesonder is vir Hom is presies waaroor godsdiens gaan.”

Romeine 12:1 Die Boodskap


So beteken dit dan dat wanneer ek my lewe wil leef (as offer aan Hom) en ek onthou iemand loop met ‘n grief teen my rond, moet ek dit eers gaan regmaak voordat ek verder kan… leef?


Sjoe.


(Die opskrif vir hierdie gedeelte van Mattheus 5 is MOORD BEGIN IN DIE HART.)


Verskoon tog maar die drentels van my gedagtes vandag...


Terug na dit wat my oorspronklik aan die dink gesit het: “Sometimes you have to give people the freedom to be angry.”


Die Here self het reeds sedert die vroegste tye vir mense die vryheid gegee om kwaad te word. Wanneer daar later in die Nuwe Testament geskryf staan:


“As julle kwaad word, moenie sondig nie…”

Efes 4:26 Afrikaans 1983-vertaling


verstaan ek dat dit juis dít was wat Hy hulle probeer leer het.


Die Here het verstaan dat Moses moedeloos en moeg en kwaad was teen die tyd dat hy in Numeri 20 aangesê is om met die klip te praat sodat die Volk kon water kry. Moses se woede het hom egter in ongehoorsaamheid die klip met sy stok laat slaan. En dit kos hom die Beloofde Land.


Ek wonder of Aäron ook bang was om vir Moses te sê dat hy nou vreeslik

drooggemaak het?

Dalk het Aäron self so ‘n wegsteek-geen gehad wat

ander mense se aanvaarding bó dit wat reg is

gestel het?


Dis maar slegs een van die vryhede wat die Here ons gee: Om kwaad te word.


Hy gee ons egter ook die vryheid om nie vir Hom as Vriend te kies nie.


As beeld van God moet ek ander dieselfde vryheid gun.

Almal hoef nie van my te hou nie.


Hy gee mense die vryheid om Hom nie as Verlosser te kies nie.


As beeld van God kan ek niemand dwing of manipuleer

om die Here Jesus Christus as Verlosser te aanvaar nie.


Hy gee ons die vryheid om Hom te aanbid, op ons eie manier,

solank dit in Gees en in Waarheid geskied.


As beeld van God verstaan ek dan wat John Piper bedoel in Desiring God

en gun ek mense die vryheid om presies dit te doen:


“Worship must be vital and real in the heart,

and worship must rest on a true perception of God.

There must be spirit and there must be truth. . . .

Truth without emotion produces dead orthodoxy and a church full (or half-full)

of artificial admirers . . . .

On the other hand, emotion without truth produces empty frenzy and cultivates

shallow people who refuse the discipline of rigorous thought.

But true worship comes from people who are deeply emotional and who love

deep and sound doctrine.

Strong affections for God rooted in truth

are the bone and marrow of biblical worship.”

(p81–82)]


Vryheid bring sy eie reëls. Eintlik net een.

“Christus het ons vrygemaak om regtig vry te wees. Hou vas aan hierdie vryheid.

Moet dit vir niks ter wêreld prysgee nie.

Moenie toelaat dat ander mense julle weer slawe van hulle skewe sienings maak nie.”

Gal 5:1 Die Boodskap


As ek dan onthou van iemand wat loop met ‘n seerkry met my naam op, en ek gaan maak reg en hulle kies steeds om kwaad te bly, dan moet ek hulle die vryheid gee om dit ook te doen.


“God does not want us to give up anything except that which is harmful to us.”



Jou temalied vir die week: FREEDOM HYMN

(klik hier om die video op Youtube te kyk)


bottom of page