top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Waar Dood nie durf gaan nie


Vandag sien ek vir die eerste keer die waarheid raak dat Jesus nooit daar was as iemand dood is nie. In elk geval, nie uit dit wat ons in die Byel kan lees nie.


Hy was nie daar toe Jaïrus se dogtertjie dood is nie.

Hy was nie daar toe die weduwee van Naïn se seun dood is nie.

Hy was nie daar toe Lasarus dood is nie.


Dis asof Dood dit nie sou waag om naby Jesus te kom nie, want hy het geweet dat hy nie sy werk sou kon doen in die teenwoordigheid van die Oorsprong van Lewe nie.


As jy nou hier lees en onlangs iemand aan die dood moes afstaan, sal ek verstaan dat jy dalk wens Jesus was nog ‘n mens met bomenslike kragte.


Maar Hy is nie.

Ons geestelike lewe was uiteindelik vir Hom meer werd as ons vleeslike en Hy moes gaan.


En nou wonder ek maar…


Daardie tye dat ek geestelik dood voel binnekant…

Sou ek dit kon vryspring as my siel net naby Jesus bly?

Want daar durf Dood nie gaan nie.


Op ‘n meer praktiese noot: Dit is ‘n besige tyd in die Heppellgesin en daar is geen time out vir chroniese siektes nie.

Was jy al so moeg dat jy voel jy kan doodgaan, maar die slaap wil net nie kom nie?


HIerdie week lees ek so ‘n mooi gedagte raak: As ‘n doodse moegheid jou oorval, maar slaap ontwyk jou steeds, bid dan deur die alfabet met Jesus voor oë….


… Jesus is AL wat ek nodig het.

Hy BREEK die houvas van die wêreld se verpligtinge op my.

Jesus bring vrede in my CHAOS.

Hoe DAPPER was Hy nie vir my nie!

Is Jesus steeds EERSTE in my lewe?

Sy FAITHFULNESS loop haal my waar ek verdwaal het.

Mag ek die GEES van HEILIGHEID tuis laat voel in my dag tot dag uitgaan en ingaan.

Die INTENSITEIT van Jesus het Sy vriende opgewonde gemaak en Sy vyande bang, help my om meer soos U te wees.

Jesus het JOU lief net soveel as wat Hy vir my lief het.

In KLAAGLIEDERE staan daar dat Jesus se liefde en genade vir my elke dag nuut is.

Jesus se geduld met my is MATELOOS.

Reeds in Deuternomium sê Hy dat Hy my NOOIT sal verlaat nie, nooit alleen sal los nie.

Hy het my afgebreek, OPGETEL, en oorgemaak – ek sal nooit weer dieselfde wees nie.

Dit wat my PASSIE is werp lig op die PLAN wat Hy vir my het.

As dit voel ek staan heel agter in die QUEUE, sal ek bly glo Hy ken my naam.

Soms is daar geen RAAD of REDE vir ander se seer nie, maar Jesus weet.

Solank die SON nog skyn, is daar hoop. En Jesus laat skyn die son altyd êrens!

Soms wil ek net TEE drink en koekies eet saam met jou, Jesus.

Dankie dat U my nooit wegwys nie.

Dankie dat U VERGIFNIS groter is as my grootste skuus.

Dankie dat U elke dag U WARE kleure wys, ek hoef nooit te wonder oor U nie.

Neem X-STRALE van my hart, Jesus, wys my waar ek goete probeer wegsteek vir U.

Hou asseblief die vyand se YSTERVARKPENNE van my af weg.

Dankie dat ek nou rustig kan zzzzzzzzzzzz…


Joune en myne en elke keer s’ne sal anders lyk, soos wat ‘n onbeskryflike groot God betaam voor wie Dood nie kan staan nie.


“Never again will death have the last word.

When Jesus died, He took sin down with Him, but alive He brings God down to us.

From now on, think of it this way:

Sin speaks a dead language that means nothing to you;

God speaks your mother tongue, and you hang on every word.

You are dead to sin and alive to God.

That’s what Jesus did.”

Romans 8 The Message



Jou inspirasie vir die week: Keep me in the moment



bottom of page