top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Waar ‘n wíl is…


Ek dink nie ek is alleen as ek sê dat die twyfelduiwel soms sy krapperige baard tot binne-in my oor kom druk met met uitlatings soos: “Dink jy regtig jy is ‘n kind van God, dink jy regtig jy is gered met al die foute wat jy elke dag maak, jou twyfels wys dalk dat jy nie is wie jy dink jy is nie?”


Maar so ‘n paar weke gelede kry ek weer ‘n a-ha oomblik en ek besef: As ek in my grootste angs en my diepste vrees en my mees omvattende oomblik van verlatenheid steeds aan my Here wil vasklou, dan is daar ‘n Saad in my geplant wat g’n niks en niemand ooit sal kan verskuif nie.


Dan beteken dit ek is in Sy span.

Ek is aan Sy kant.

Hy is aan myne.


Al vóél ek ook waardeloos in my twyfelagtige geloof, is die gloeiende kole altyd daar – al is daar nie altyd vlamme nie.


“Always distinguish between feeling strong and being strong…

Oh, it is easy to trust when you can trust yourself.

But when you cannot trust yourself,

when your spirit sinks below zero in the chill of utter despair,

then it is time to trust in God.

If that is your case,

[if you can do that]

you have the mark of a believer

who can lead God’s people and

be a comfort to others.”

Charles H Spurgeon


As ek in daardie oomblik van swakheid net aan die soom van Sy kleed kan vashou, dan verstaan ek daardie stukkie in Mattheus 5 so ‘n bietjie beter:


“Gelukkig is almal wat met alles in hulle daarna streef om te doen wat God vra.”


“God blesses those people who want to obey Him more than to eat or drink.”


God blesses those who WANT to obey Him.


En selfs hierin belowe Hy om my nie aan myself oor te laat nie.


Wanneer ek besef dat ek in myself nie die krag het om iemand te vergewe nie, maar WIL,

mag ek Hom vra om my te help, en Hy sal.

Wanneer ek myself nie so ver kan kry om jammer te sê nie, maar WIL,

mag ek Hom vra om my te help, en Hy sal.

Wanneer ek sukkel om te erken dat ek hulp nodig het, maar WIL,

mag ek Hom vra om my te help, en Hy sal.

Wanneer ek ander mense nie kan liefhê soos Jesus liefhet nie, maar WIL,

mag ek Hom vra om my te help, en Hy sal.


Want watter goeie pa sal sy kind wegstoot wat met nat wange en angs in haar stem vertel hoe graag sy wil doen wat haar pa wil, maar nie kan nie?



Jou temalied vir die week: Strength of my life


Comments


bottom of page