top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Wanneer die waarheid ontplof


Goedhartigheid is iets wat nie maklik verbloem kan word nie.


Goedhartige mense… skyn.

Wanneer hulle glimlag, selfs van agter ‘n masker, verhelder alles en almal om hulle.

Goedhartige mense is altyd op die uitkyk vir diegene wat goedhartigheid nodig het.


Dit beteken nie dat hulle nooit foute maak nie.

Maar foute plaas ‘n demper op hulle lig en goedhartige mense kan nie oorleef in die donker nie.


“If at any time he has been drawn in through inadvertency

to that which afterwards has appeard to him

to be a wrong thing;

he does not persist in it because he has begun it,

but withdraws his hand from that which he now perceives to be

wickedness or sin…”


Aan die ander kant: Goedhartige mense praat soms die waarheid waar ‘n leuen minder seer sou maak, en dit kan die wêreld verwar.


In Esegiël 20 kom die leiers van die ballinge in Babel na Esegiël toe om oënskynlik na die Here se wil te vra. Maar die Here sien hulle motiewe raak en weier om toe te gee aan hulle versoek. Méér nog, Hy vra van Esegiël:


“Are you willing to warn them, Ezekiel?”

Esegiël 20:4 CEV


Dan volg daar ‘n opsomming van al die voetfoute wat Israel began het in die aanloop tot hierdie einste gesprek.

Elke keer dat die Here hulle verewig kón verswelg het, maar nie het nie.

Die ellelange lys van waarskuwings wat hulle gekies het om te verontagsaam - en die gevolge daarvan.

En dan: ‘n nuwe belofte, as die Volk maar net sou terugdraai…


“But I will treat you in a way that will bring honour to my name,

and you will know that I am the Lord God.”

Esegiël 20:44 CEV


Wat ‘n wonderlike afsluiting sou wees vir hierdie hoofstuk.


Maar Esegiël moes eers weer met hulle ‘n baie ontstellende beeldspraak van die Here deel en die dienaar van die Here weifel:


“But I complained, ‘Lord, God,

I don’t want to do that!

People already say I confuse them with my messages!”


Goedhartige mense se boodskap verwar die wêreld.


Wanneer van hulle verwag word om terug te veg, draai hulle die ander wang.

Wanneer hulle geskop word wanneer hulle lê, hou hulle aan rondkyk waar ander dalk erger daaraan af as.


Wanneer dit veiliger sou wees om voorgee-liefde te betoon,

spreek hulle ware-liefde-waarheid en waag hulle vervolging.


Goedhartige mense is dapper mense.

Hulle is die mense wat eerste glimlag sonder om te wonder of dit terug weerkaats sal word.

Hulle is ook die mense wat bly wanneer almal anders die pad gevat het.

Wat die skerwe help optel wat die waarheid laat ontplof het.


Waarmee beveg ‘n mens goedhartigheid?

Dit is onvernietigbaar.


Mag my goedhartigheid hierdie week reg en gereed wees vir elke hinderlaag,

elke openlike aanval,

elke woord wat bloed wil trek,

elke versoeking om die waarheid te begrawe.


En as hierdie week meer goedhartigheid van my eis as wat ek het,

herinner my weer aan die Ewige Fontein…



Jou temalied vir die week: The well


bottom of page