top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Wanneer een keer nie genoeg is nie

Updated: Feb 4, 2023




Die ander eks-patte sal saam kan getuig hoe lekker ‘n pakkie van die huis af kan wees. Dit is nou nie of ‘n mens glad nie Ouma-beskuit of Robinsons-speserye hier kán kry nie, maar wanneer dit met liefde uit die suidpunt van Afrika kom, beteken dit soveel meer. Ek verbeel my altyd die sonskyn kry ‘n manier om in die boks te glip voor hulle hom seël!


Ons meisiekind is eersdaags oppad hierheen, en haar pa se order vir daardie vierkantige karamelblokkies is in, en my Zoo-koekies ook. Maar, soos altyd, is daar eweneens ‘n lysie vir die apteek.


Hoes-en-proes goete, goete vir die geite, plakkers vir die pyne en breë spektrum helpies vir wanneer hierdie eilandgoggas nie skrik vir oor-die-toonbank medisyne nie.


Maar soms werk die haelgeweer aanslag net nie so goed nie.

Daar is tye dat net ‘n teikenskut voldoende sal wees.


(Hier raak my geweer analogie bietjie op, en wens ek ons Kattie was nader!)


Volgens Google:


“While a shotgun has multiple projectile features, a rifle comes with a single projectile.

While shotguns help in short range, rifles are useful for a long range.

While the shotguns come with only Front Sight, the rifles come with Front and Rear Sights.”


Mediese dokters begin gewoonlik hulle behandeling met breë spektrum antibiotika, maar soms vereis ‘n spesifieke kiem ‘n baie spesifieke doodskoot.


Wat die knaap kan uithaal, sonder om die balans rondom te versteur.

Wat op die lang duur sal keer dat hy gou weer sy streke sal probeer.

Wat in gedagte hou wat voorheen gebeur het en in ag neem wat vorentoe mag gebeur.


Wanneer my hart pyn en my siel is vol gate gevreet deur die springkaanstorm (van soms net ‘n pelaton van een), of ek voel myself in ‘n slagyster trap, dan het ek méér nodig as net ‘n algemene verweer.


Die Bybel is nie bedoel om daagliks geneem te word, soos benodig nie.

Dit sou wees soos om ‘n topkaliber teikenskietgeweer te gebruik om ‘n ry Créme Soda blikkies in die agterplaas uit te haal.

Niksseggend en betekenisloos.


Die hoeveelheid Bybelhoofstukke wat ons op ‘n dag lees, bou nie aan ons wapenrusting nie.

Al dink ons so.

Die hoeveelheid keer dat ons die Bybel in ‘n jaar deurlees, hou nie ons kokers vol nie.

Vind ons vinnig uit wanneer die ysters om ons voete vasslaan.


Die Bybel is daar om ons te help om daardie spesifieke goed te teiken wat ons van spoor af laat gaan.

Die Bybel wil ons help om te groei en ons denke te hernuwe deur dit wat ons leer oor die baie spesifieke goed waarmee ons stoei.


Dáárin lê die volle waarde van hierdie kosbare manuskrip.


“Every part of Scripture is God-breathed and useful one way or another—

showing us truth,

exposing our rebellion,

correcting our mistakes,

training us to live God’s way.

Through the Word we are put together and shaped up for the tasks God has for us.”

1 Timothy 3:16-17 The Message


Mag jy hierdie week ‘n baie spesifieke boodskap,

vir jou baie spesifieke nood,

tussen die bladsye van jou Bybel ontdek.


En mag jy dan dorstig soek na nog!




Jou inspirasie vir die week: This time



Comments


bottom of page