top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Wanneer jy skep, sê jy dankie


Alanis Morisette se liedjie “Ironic” vertel van

- die omie wat op 98 die Lotto gewen het, maar die volgende dag nie meer was nie,

- die terdoodveroordeelde wat vrygeskel word, twee minute te laat, en

- tienduisend lepels rondom jou terwyl jy net een mes nodig het.


Dis daardie laaste een wat my laat dink vandag.


Wanneer dit donker raak om ‘n mens, wil jy net lig hê.

Groot lig.

Helder lig.

En baie daarvan.

Soos die son.


Maar soms, wanneer jy binne-in ‘n donker filmteater is sonder enige vensters, dan is die krag van die son vir jou nie op daardie oomblik van veel hulp nie.

Dan is ‘n flits of daardie liggies onder by die trappies, vir jou veel meer werd.

Al het dit nie naastenby die krag van die son nie.


Klein lig.

Kosbare lig.

Lig vir jou voete.


Die wonderlike realiteit is dat die Here vir ons gee wat ons nodig het, wanneer ons dit nodig het.


Dawid skryf in Psalm 84:


“For the Lord God is a sun and shield;

The Lord bestows grace and favor and honor;

No good thing will He withhold from those who walk uprightly.”

Psalms 84:11 AMP


‘n Son en ‘n skild.

Groot Lig.

Die Lig wat guns bring in ‘n wêreld wat ons ondergang wil bewerk.


Maar in 2 Samuel lees ons ook:


“Here, U is vir my soos ’n lamp

wat die donker om my wegvat.”

2 Samuel 22:29 Die Boodskap


‘n Lamp.

Reddende Lig.

Die Lig wat die onmiddellike sigbare verander.


Die Here wil nie net vir ons algehele menswees die antwoord wees nie.

Hy wil ook die antwoord wees vir ons alledaagse, skynbaar-nietig-in-vergelyking-met-ander-se-seer oomblikke wees.


Hy is nie net die God van jou dagbreek en sonsak nie.

Hy is ook die God van jou elfuur-snik in die personeelbadkamer,

die God van jou ongemaklike-stilte-want-die-kinders-is-hier,

die God van die huil in jou kussing tot jy aan die slaap raak.


Dalk meen jy jy het net een mes nodig vandag.

Die Here weet jy kan soveel meer vermag met die tienduisend lepels rondom jou.


Lepels is gemaak vir skep.

En wanneer jy skep, sê jy dankie.




Jou inspirasie vir die week: At the right time.



Comments


bottom of page