top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Wanneer stilbly nie van my gevra word nie



“Then Daniel… was appalled and speechless for a while

[because he was deeply concerned about the destiny of the king],

and his thoughts alarmed him.

Daniel 4:19 AMP


As jy ooit die een was om slegte nuus oor te dra, dan sal jy empatie kan hê met Daniël se verhaal.


En tog is daar ‘n verskil.


Dit is gewoonlik vir ons naaste en dierbaarste dat ons die aaklige nuus moet deel, en wanneer hulle seer het, bloei ons mos ook.


In Daniël se geval moes hy vir die Babelse koning, Nebukadneser, sy droom uitlê en vertel hoedat die koninkryk waarop hy so geroem het, in duie sou stort; hoedat hy self in die wildernis sou leef vir sewe jaar.


En Daniël raak stom.


In een vertaling staan daar dat hy letterlik ‘n uur lank sprakeloos was. Kan jy jou indink hoe ongemaklik dit sou wees om vir ‘n uur lank Koningin Elizabeth se oë op jou te voel terwyl jou mond net nie wil saamwerk nie?


Maar wanneer hy wél praat doen hy dit met woorde wat goed uitgedink is, woorde wat die boodskap sou bring, sonder om onnodige skade aan te rig.


Inteendeel – hy sluit sy uitleg van Nebukadneser se droom af met die belofte van hoop:


“ ‘Dat hulle gesê het die boomstomp en sy wortels moet in die grond oorbly,

beteken dat u u koningskap weer sal terugkry sodra

u erken het dat dit die hemele is wat eintlik regeer.

‘O Koning, luister tog na my raad.

Breek met u sondes en doen wat reg is.

Los u onregverdigheid en sorg vir dié wat behoeftig is.

Miskien hou u voorspoed dan nog ’n bietjie langer.’ “

Daniël 4:26 NLV


Ek hou nie van konflik nie en het dit nog altyd probeer vermy sover ek kan. Maar soms is daar net nie ‘n verbykomkans nie. Soms moet ‘n mens die harde woorde uiter, die sonde aanspreek, die streep trek, die deur toemaak.


By Daniël leer ek dat selfs wanneer mense my in die vuuroond van hulle tonge en veroordeling beetkry, daar ‘n eerbare manier is om met hulle te deel.


Daniël was nie bang om die waarheid te deel omdat hy gevrees het dat die koning hom iets sou aandoen nie. Die Here het reeds gewys dat Hy mensgemaakte vuur en vernietiging met Sy teenwoordigheid in ‘n oomblik kan neutraliseer.

Daniël het bloot gehuiwer, want in hom was ‘n diep bekommernis oor die sielstoekoms van die koning.


Wanneer ons bekommernis oor ons naaste se eindbestemming groter word as ons bekommernis oor die gevolge van ons woorde, dan het ons sekerlik ‘n nader blik van die hemel gekry.


Jesus se woorde het Hom sy lewe gekos.

En my ewige lewe verseker.


As my woorde lewe spreek, of dood, wat lê dan opgesluit in my stilbly wanneer stilbly nie van my gevra word nie?



Jou inspirasie vir die week: Battle belongs


Yorumlar


bottom of page