Die wind het vandag vreeslik gewaai by die Arabiese Perde Kampioenskap net oor die grens in Wallis. My liewe rooi gazebo het eerder veilig en ongeskonde in sy sakkie gebly, terwyl ek maar so tussen die skare deur stap en pamflette uitdeel.
Oppad restaurant toe, sien ek ‘n deelnemer alleen by ‘n tafel sit en steek solank ‘n pampiertjie na haar kant toe uit. Toe sy opkyk, sien ek haar oë blink heeltemal te veel, maar die glimlaggie maak dapper sy verskyning. Sy vat wat ek gee, maar een treë verder moet ek darem net vra: “Are you okay?”
Sy knik haar kop liggies: “It’s just been a long week…”
Die woorde ontglip my, en ek staan vir ‘n oomblik stil terwyl ek haar rug vryf.
Met ‘n “it can only get better from here” druk ek saggies haar arm, en loop dan weg.
En nou kasty ek myself al 5 ure lank of dit nou die heel beste was waarmee ek vorendag kon kom.
Maar die Here het geweet en gisteraand terwyl ek tussen die hotelkamer tv-kanale rondspring, sien ek vir Rick Warren gesels. Sy “Purpose Driven Life” het ‘n groot rol gespeel om my eie lewe weer op koers te kry, so vir hom het ek baie tyd.
Hy vertel van die aand dat hulle buite hulle seun se huis gestaan en wag het vir die polisie om eerste in te gaan. Matthew was 27. Hy het baie lank met depressie geworstel en hierdie scenario het al meer as een keer in die Warren’s se donkerste verbeeldings afgespeel.
Dit is toe ook so.
Rick Warren vertel hoe hulle kleingroep hulle daardie aand gedra het. Nie met hulle welsprekendheid of hulle Bybelkennis nie, maar met hulle teenwoordigheid.
Hulle het geweier om vir Rick en Kay alleen te los.
En daar leer hy: Hoe dieper die seer, hoe minder woorde gebruik jy.
As jou vriendin kla oor ‘n bad hair day, dan mag jy maar hoofstukke lank uitbrei oor die waarde van positiwiteit en ‘n nuwe dag wat kom.
Wanneer jou vriendin se seun selfmoord pleeg, dan daag jy op en bly stil.
Hy noem dit The Ministry of Presence: Show up & shut up.
Miskien is daar nie iets meer wat ek vir haar kon sê vandag nie.
Maar miskien kon ek nog ‘n rukkie langer by haar vertoef het.
Volgende keer vertrou ek die Gees om my te herinner aan vandag, aan die waarde van daar wees.
Stil wees.
En bid.
Jesus went with his disciples to a place called Gethsemane, and He told them,
“Sit here while I pray.”
Jesus took along Peter, James, and John. He was sad and troubled and told them,
“I am so sad that I feel as if I am dying. Stay here and keep awake with me.”
Markus 14:32 CEV
Jou inspirasie vir die week: Call upon Him
Comments