top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Was jou hande


Soos die Prediker tereg beklemtoon – daar is niks nuuts in hierdie wêreld nie. Dieselfde uitdagings wat ons nou in die gesig staar, het vantevore ook reeds ‘n skadu oor die aarde gegooi.


Neem nou maar die Swart Dood van die 1300’s. Martin Luther se reaksie hierop?


"I shall ask God mercifully to protect us.

Then I shall fumigate, help purify the air, administer medicine and take it.

I shall avoid places and persons where my presence is not needed in order not to become contaminated and thus perchance inflict and pollute others

and so cause their death as a result of my negligence.

If God should wish to take me, He will surely find me.

I have done what He has expected of me

and so I am not responsible for either my own death or the death of others.

If my neighbor needs me however, I shall not avoid place or person but will go freely as stated above. See this is such a God-fearing faith because it is neither brash nor foolhardy and does not tempt God."


Ek het eenkeer gehoor: “Vertrou die Here, maar sluit jou deure.”


Die Prediker meen in hoofstuk 2 vers 26:


“If we please God, He will make us wise, understanding and happy.”

CEV


Dit is nie ‘n eenvoudige kwessie hierdie nie.

Sou dit ‘n teken van my wantroue in die Here wees wanneer ek my kar se veiligheidsgordel aansit?

Sou die Here my verkwalik as ek bietjie ekstra vitamiene C neem voor die winter?

Sou die Here se beeld geskaad word as Christene oor die wêreld inval by wat die outoriteite voorstel –

en in sommige gevalle, afdwing – om ‘n wêreldwye gesondheidskrisis te voorkom?


Dan wonder ek of die Prediker dalk bedoel het: As ons getrou kan wees in dit wat eenvoudiger is en meer lynreg verstaanbaar is uit die liefdesgebooie – julle moet God liefhê, julle moet julle naaste liefhê, deur nie ander gode te aanbid nie, deur nie moord te pleeg nie, deur nie te steel nie – dan sal Hy ons die nodige wysheid gee wanneer die Onverstaanbare En Ingewikkelde Uitdaging aan ons deur klop.


In die oorspronklike Hebreeus is een verduideliking vir die beskrywing van “wise” in hierdie vers “skill”.


Dit is soms voorwaar ‘n vaardigheid om op daardie dag dat jou kop en jou hart met mekaar stry oor wat die regte ding sou wees om te doen in die oë van die Here, te vertrou dat Hy jou die insig sal gee om die regte besluit te neem… en dat dit jou gelukkig sal maak.


Vertrou die Here vir daardie dag.

Bewys liefde aan jou naaste.

Was jou hande.



Jou temalied vir die week: In Christ Alone


Comments


bottom of page