top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Wat noem hulle jou?

Updated: Feb 4, 2023




Ons het gister ‘n draai by ‘n nuwe Suid-Afrikaanse winkel gemaak nie te ver van ons af nie. En waar sal mens ander Suid-Afrikaners raakloop op ‘n Saterdag-oggend? Nét daar, natuurlik!


Die paartjie voor my loop arms vol gelaai met Simba-chippies (Mrs. Balls, hoe dan anders?), groen Sparletta blikkies, boerewors en ‘n handvol Chappies. Klein Googles, spot hulle…

Goeie naam, dink ek!


My oog was egter op die mandjie vol skorsies nes mens by die deur inkom. Ek het al gesien ons kan dit aanlyn bestel hier, maar net nog nooit so ver gekom nie. Soos wat ek my buit bymekaar maak, raak ons aan die gesels en die vriendelike vroutjie voor my vertel hoe sy haar eie al geplant het, en drie yslike groot stoele vir haar moeite gekry het.


Julle moet verstaan, tussen my en my man het ons net ‘n halwe groen duim. Ons kan dus doen met al die raad wat ons kan kry!


Net ‘n nagmaalkelkie vol grond, met een goed gedroogde saadjie, binne-in die huis, so teen die begin van die lente, was haar raad. Sodra dit ‘n plantjie bo uit maak, is dit reg vir uitplant buite. Met genoeg slakafskrikpilletjies vir die lastige opvretertjies.


Wat my laat dink het aan die deel van Markus waar ek so lank stilgestaan het die afgelope ruk. Nee, daar word nie van skorsies gepraat in die Bybel nie. Maar A.F. Muir bedink hierdie oor Markus 4:26-34:


“All he has to do, and all that is required of him,

is to put the seed in the soil, and deposit it properly in the furrows –

suiting, of course, as far as may be,

the seed to the soil and to the sort of

previous preparation made for it.”


‘n Goeie opsomming van Jesus se lewe soos in vers 33:


“With many stories like these, He presented His message to them,

fitting the stories to their experience and maturity.”

The Message


Soms het ons nie woorde nie.

Die hartseer van hierdie lewe is so groot en die mense in soveel nood, soms weet hulle dit nie eers nie.

Sommige het al ver geleer, ander gaan sit nou eers aan vir die eerste etensgang.


Ja – daar is spesifieke stories vir spesifieke tye in die lewe van spesifieke mense, en dit is waar Goddelike oordeel en onderskeiding inkom.

Dis belangrik om die regte seisoen, die regte plek, en die regte grond vir jou saaiwerk te kies.


Jou stories van hoop is saad.

Jou stories van hoop hou nuwe lewe.

Al loop jou stories deur jou ou lewe.

Jou stories is bedoel om te deel.


Wees bekend as ‘n Deler.

‘n Versorger.

‘n Watergewer.

‘n Onkruiduittrekker.

‘n Saaier van nuwe-lewe-stories.



Jou inspirasie vir die week: Reason to praise



Comments


bottom of page