top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Weet jy wat jy weet?



Jare gelede, amper in ‘n ander leeftyd voel dit vir my, was ek effens senuagtig oppad met ‘n warrelwind opleidingstoer na ons maatskappy se vier fabrieke. My senior op daardie stadium stuur my toe met hierdie goudklontjie: “Jy hoef nie alles te weet nie.  Jy moet net meer weet as wat hulle weet.”

 

Ek dink nie dit is dieselfde as fake-it-till-you-make-it nie. 

Ek dink tog daar steek waarheid in. 

 

Want so baie keer wil die vyand ons verlam deur gedagtes van “ek weet te min” of “daar is nog te veel wat ek moet leer” dat die Waarheid van wat ons wel weet, soms ‘n eensame, stille dood binne-in ons sterf sonder dat ander dit ooit gehoor het.

Sonder dat iemand ooit baat gevind het daarby.

 

Paulus en Silas is alweer in die tronk.

 

Hierdie keer gebeur daar egter ‘n wonderwerk en hulle lofsange laat die tronkhekke uit hulle skarniere spring.

Hierdie keer bly Paulus en Silas egter net waar hulle is.

Hierdie keer is dit nie net hulle eie lewens wat gered sou word nie.

 

“Startled from sleep, the jailer saw all the doors swinging loose on their hinges.

Assuming that all the prisoners had escaped, he pulled out his sword and

was about to do himself in, figuring he was as good as dead anyway,

when Paul stopped him: “Don’t do that! We’re all still here! Nobody’s run away!””

Acts 16:27 The Message

 

En toe kom daardie vraag.

Die een wat jong Christene seker die meeste vrees en diepgewortelde, dikbas Christene die meeste hoendervleis gee:

 

“Sirs, what do I have to do to be saved, to really live?”

 

En dan lees ons:

 

“They said…”

 

Gaan lees gerus self wat hulle gesê het.

 

Wat my vanoggend aangegryp het, is nie soseer hulle antwoord nie.

Dit is die feit dat hulle nie bang of verbaas of verboureerd of lam gemaak is deur die vraag nie.

 

Hier was mense wat wou weet wat hulle weet.

Dis al.

 

Die vraag is, sou jy daardie oggend jou goed vat en hol, terug na mense toe wat alles weet wat jy weet?

Of sou jy ook ‘n rukkie langer bly talm het daar waar mense is wat smag om dit te weet wat jy weet?

 

Weet jou mense wat jy weet?

Weet j‎‎ý wat jy weet?

 

Loop haal jou Bybel en soek dit.

Skryf dit neer.

Begin ‘n Die-Dinge-Wat-Ek-Weet boek.

 

Vir die dae wanneer alles wat die wêreld weet jou deurmekaar maak.

Vir die dae wanneer iemand jou vra wat jy weet.

 

En wanneer dit jou beurt is om te vertel wat jy weet,

mag die Gees jou geheue skerp maak

en jou woorde sag.

 

 

 

Jou inspirasie vir die week:  Love me still


bottom of page