top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Weglaatbaar klein

Updated: Feb 6, 2023




If God gives you tomorrow,

He will also give you what tomorrow

requires

[needs]

[necessitates]

[demands]


“Give your entire attention to what God is doing right now,

and don’t get worked up about what may or may not happen tomorrow.

God will help you deal with whatever hard things come up when the time comes.”

Matt 6:34 The Message


Dis weer Palm Sondag vandag en vanoggend is hierdie die refrein wat in my hart opspring. Ek is nie nou besig met die Lydensweek Bybelteks nie. Inteendeel – ek trek nou maar eers by Mattheus 6 waar Jesus besig is met die Bergrede en daar waar die eerste wavrag vol wysheid so sonder voorbehoud vir die mense gebied word om van te drink, versadig te word.


Maar selfs daar het Palm Sondag reeds bestaan.

Was dit reeds deel van Sy geskiedenis op aarde.

Dieselfde mense wat hulle plakkies voos sou loop agter Hom aan, sou drie jaar later meegesleur word deur die menigtes en hulle kruisie op ‘n ander plek gaan trek.


Steeds het dit Hom nie gekeer om mense te help en te genees en te troos en te leer nie.


Jesus het nie een aks afgewyk van Sy missie op aarde nie.

Nie toe die skares gejuig het nie, en ook nie toe hulle Hom wou doodmaak nie.


Ek dink dat ons soms kritiek met ‘n bietjie sout moet neem, maar lof met nog bietjie meer! Want ons kan so maklik rondgepluk word deur openbare opinie. Soms beïnvloed dit net ons daaglikse vreugde, soms het dit die vermoë om ‘n ingrypende verandering op ons roetekaart te maak. Weg van die skat wat spesifiek vir ons was om te vind.


“As He made His entrance into Jerusalem, the whole city was shaken.

Unnerved, people were asking: ‘What’s going on here? Who is this?’”

Matthew 21:10 The Message


Markus onthou dit anders:


“He entered Jerusalem, then entered the Temple.

He looked around.

Taking it all in.”

Mark 11:11 The Message


Twee van Jesus se naastes. Twee uiteenlopende onthoue.

Een God vir beide.


Ek hoef nie my 70 + hoeveel kilogram in my buurvrou se koekiedrukkerpatroon in te forseer nie.

Ek hoef nie my dagboek vol te maak met mini-missies wat vir jou (maar nie vir my) bedoel is nie.

Ek hoef myself nie af te merk vir mylpale wat ek nooit bedoel was om te bereik nie.


Sy plan vir my is myne.

En Sy plan vir jou is joune.

Wat die wêreld daarvan dink is eintlik weglaatbaar klein.




Jou inspirasie vir die week: This is the day







Comments


bottom of page