top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Whatever


Een van die belangrikste lesse wat ek as jong getroude geleer het, is dat man en vrou saam die Here moet kan dien in ‘n plek waar hulle altwee gemaklik voel. Soms beteken dit dat die een of die ander ‘n kompromie moet aangaan. Terwyl jou hart gemaklik sal wees met ‘n rieldans voor die Here, strek jou maat se uiterste dalk net tot by ‘n denim aantrek vir die erediens. En dis okay. Jou hart kan sy passies op enige ander tyd loslaat. Vir daardie paar oomblikke op ‘n Sondag, hoort dit langs jou maat. As jy dit ignoreer, sal die krake spoedig begin wys.

So vind ek en my man Dr Charles Stanley op GODTV en vanoggend laat loop hy oop met goed wat ek graag styf aan my siel wil vasbind:

“Our hope is not a hope-so hope,

it is a know-so hope…”

“Whatever He requires from you,

He resumes full responsibility to get it done.”

En dit alles is vir my so gepas in hierdie tyd! In hierdie tyd waar baie mense hoop verloor. In ‘n tyd waarin baie mense wonder hoe hulle enigsins hierdie pad verder sal kan stap. In ‘n tyd waarin mense net onder ‘n boom wil bly sit totdat die einde hulle kom haal.

Maar die Here is getrou en ek glo in my hart dat Hy ons altyd op ‘n manier voorberei vir dit wat kom.

Daarom gee Hy eers hierdie belofte in Jesaja 26:3

“The Lord gives perfect peace

to those whose faith is firm.”

Vir watter storm ookal voorlê, of dit nou ‘n stuk van jou hart is wat wreed van jou weggeneem word, en of dit ‘n diagnose is wat jou toekoms op sy kop dop – Hy laat weet jou vooraf waar om die Vrede te vind.

Dis nou voordat vers 20 lees:

“Go inside and lock the doors, my people.

Hide there for a little while,

until the Lord is no longer angry.”

Toe ek dit die eerste keer lees, het ek eintlik hoendervleis gekry. Dit is 700 jaar voor Jesus se geboorte geskryf en 2720 jaar later kan dit moontlik beskryf word as profeties.

Vir sommige is dit so baie meer traumaties as vir ander – ons almal se omstandighede verskil. Soos ‘n kommentator dit so raak beskryf: “Ons is nie almal in dieselfde bootjie nie, ons is almal in dieselfde storm.”

En binne in hierdie storm, binne jou skuiling, agter die toe deure vra die Here dalk nou van jou iets wat vir jou voel soos ‘n onmoontlikheid.

“Whatever He requires from you,

He resumes full responsibility to get it done.”

Om nuwe maniere te vind om jou besigheid aan die gang te hou.

“Whatever He requires from you,

He resumes full responsibility to get it done.”

Om daardie besigheid te laat gaan en ‘n splinternuwe begin te maak.

“Whatever He requires from you,

He resumes full responsibility to get it done.”

Om jou kind se opvoedingsverantwoordelikheid op jou skouers te neem.

“Whatever He requires from you,

He resumes full responsibility to get it done.”

Om alleen verder te skryf aan ‘n storie waarin julle altyd twee hoofkarakters was.

“Whatever He requires from you,

He resumes full responsibility to get it done.”

So af en toe wil die oënskynlike onmoontlikheid van die situasie dreig om my te verswelg. Ek is net ‘n mens.


Maar die Here weet, en Hy herinner my dan:

“Whatever I require from you…”

Vra weer. Vis weer. Ontdek weer van vooraf wat Sy plan is vir my.

Dan kan my onstuimige gemoed bedaar en rus in die wete: “He resumes full responsibility to get it done.”

Whatever.

Jou temalied vir die week: Walk by faith


Comments


bottom of page