top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Wie se kind is jy?


“Satan knows your name, but calls you by your sin.

God knows your sin, but calls you by your name.”


Name was nog altyd vir God belangrik. Meer as een keer in die Bybel lees ons hoedat God self vir Sy skeppinge nuwe name gee na ‘n ontmoeting met Hom: Abram word Abraham, Simon word Petrus, Saulus word Paulus.


En omdat ons weet dat die Hebreeuse name geweldige agtergrond dra, weet ons dat die Here met elke naamsverandering eintlik ‘n nuwe pad oopmaak vir hulle, ‘n nuwe visie gee, ‘n nuwe identiteit.


In my eie lewe onthou ek baie goed my BC-dae (Before Christ). Daar was ‘n baie spesifieke manier waarop ek myself sou identifiseer. Nie soseer dalk voor mense nie, maar daar waar doodeerlik en stoksielalleen was het ek geweet wie ek is. Of so het ek gedink.


Toe die Here my egter kom vrymaak van dit waarop die vyand my gedurigdeur wou laat fokus, kon ek vir die eerste keer sien wat die Here in my sien – al kon ék dit nog nie in myself sien nie.


Nes Hy maar met Petrus ook gedoen het.


Hy noem vir Petrus die rots waarop Sy kerk gebou sou word, nog lank voor Petrus gekwalifiseerd was daarvoor.


"He calls those things that are not yet, as if it were.”

Hoeka Petrus wat by my opgekom het toe ek hierdie waar woorde raaklees hierdie week:


“Let us not be hasty in estimating the character of others;

if we judge men by the first thing we see in them,

it may be that we shall apprise them by the one pardonable fault behind which,

unrecognised by us, hide a hundred virtues.”

Henry Spence Jones (1889)


Ek wonder wat die toevallige verbyganger daardie dag van Petrus sou dink toe hy die onmenslike doen:


“Simon Petrus het ’n swaard by hom gehad. Hy pluk dit toe uit en kap na een van die mense wat vir die hoëpriester gewerk het. Sy naam was Malgus. Met dié tref hy Malgus teen die regteroor en sny dit morsaf.”

Johannes 18:10


Dit is wat my tot inkeer ruk toe ek ons motorlisensie wou hernieu hierdie week. Die poskantoor was stil, maar die vrou agter die toonbank wou nie daar wees nie. Dit was baie duidelik.


Opvliegerig gaan maak ek toe maar soos ek moet maak en met die tweede keer by die toonbank draai die skroewe nog bietjie stywer en ek voel ek raak van balans af. Ek sal wéér moet terugkom.


Terug by die kar kom ek tot verhaal en hierdie einste spreuk van eerwaarde Jones kom weer by my op. Nie sonder rede nie, glo ek.


Ek ken nie hierdie vrou se storie nie. Wie weet wat agter daardie bot houding sou skuil daardie dag, watter hartseer of ontnugtering of vrees of verlies nie haar deel is nie, en ek besef: ek is maar net so skuldig. Een moment van haar storie sou in mý oë haar hele identiteit bepaal.


Is dit wat ek vir myself sou wou hê? Die hemele behoed my dan dat enigiemand my ooit op ‘n onbewaakte oomblik betrap!


Maar selfs nog nader aan die huis… In my onbewaakte oomblikke kom die vyand soms en kom noem my op my sonde. En eerder as om dit onmiddellik totaal gevange te neem en aan Christus gehoorsaam te maak, begin ek daaroor tob en die ‘waarheid’ daarin raaksien en so instemmig die dood oor myself spreek.


Sy taktiek is egter maar vaal en verroes, want glo ek werklik dat God nie elkeen van my miljuisende sondes ken nie? Tog… tog noem Hy my nie so nie. Hy noem my op my naam.


Die een wat Hy vir my gegee het.


“I have called you friends….”

Johannes 15:15


“For you are a people holy to the Lord your God. The Lord your God has chosen you out of all the peoples on the face of the earth to be his people, His treasured possession.”

Deuternomium 7:6


“I will be a Father to you, and you will be my sons and daughters, says the Lord Almighty.”

2 Korinthiërs 6:18


Ek weet wie ek is. Soms vergeet ek.


“Children become what they are told they are.”

Dorothy Delay


Wie se kind is jy?


Jou temalied vir die week: Mercy is a song

https://www.youtube.com/watch?v=2RbzlS7UjYs

Comments


bottom of page