“God doesn’t save us and hide us away until He takes us to heaven.
He saves us and
then drops us
into the midst of difficult situations and challenges,
and He expects us
to make a difference.”
Warren W. Wiersbe
Vandag se Facebook Memory kom sit net mooi die punt agteraan die gedagte wat al heelweek by my kuier…
Daardie ding van ánder mense se sonde.
Jy weet waarvan ek praat.
Daardie één ding wat jou dwars in die krop steek en jou bloeddruk sommer hemelhoog laat styg as jy net daaraan dink.
Al die ander sonde”tjies” – en selfs jou eie ook – onstel jou doodeenvoudig net nie soos daardie één ding kan nie.
Met tye laat dit jou jou eie saligheid verloor. Tog… Jou reaksie daarop verander nie.
Teleurstellend, ek weet maar te goed.
Sien, hierdie een ding is iets waarmee ek nou al jare sukkel – sedert ek die eerste keer daarmee gekonfronteer is. Onthou: Hierdie girl kom van Trompsburg af 😉
Erger nog: Asof dit my eie, persoonlike bekruipgogga was, kriewel dit oral uit en kom soek na my.
Ek kom net nie daarvan weg nie.
Maar ek was so seker my ingesteldheid hieroor was reg. Dat die manier waarop ek dit hanteer het, geregverdig was. Dat die Here tevrede was met my.
Totdat ek ‘n tyd gelede begin vra vir nuwe onthulling van Sy waarheid.
Vir nuwe wysheid oor hoe om hierdie ding te hanteer, want weggaan gaan dit nie.
En, soos altyd, is die Here getrou.
Hy kom lê hierdie vraagteken saggies, maar so goed in my diepste psige ingebed soos ‘n Suid-Afrikaner met ‘n Hilti:
“Will He truly love me more,
for loving them any less?”
Eina.
“Maar dis nie reg nie!,” wil die ou mens in my skreeu.
Iemand moet iets sê!
En dan met drif en oortuiging ook nog!
Al antwoord wat ek terugkry, is dat die enigste mense wat Jesus se bloeddruk kon laat styg het, die witgepleisterde grafte was van Voorgee Volgelinge.
Diegene vir wie die letter van die wet, belangriker was as die uitleef van die liefde.
Kliek.
Dis nou toe daardie rat in my brein inskop.
Hoeveel keer moes ek al hoor van “you catch ‘em, I’ll clean ‘em”, of “judge not, that thou not be judged” of “you just love ‘em, I’ll do the rest”. Maar niks het in my hart gebeur nie.
Tot hierdie week.
Want wat is die ergste wat kan gebeur as ek vir jou, liewe mede-sondaar, liefde bewys?
Sal Hy my regtig minder liefhê?
Sal Hy minder tevrede wees met my?
Eendag, as ek minder skaam is hieroor, sal ek jou persoonlik om verskoning vra vir hartskade wat ek dalk in my hardkoppige onkunde aangerig het.
Tot dan sê ek maar net dankie vir genade.
En nuwe wysheid, elke dag.
“As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid,
en Hy sal dit aan hom gee,
want God gee aan almal
sonder voorbehoud en
sonder verwyt.”
Jakobus 1:5 1983-vertaling
Jou temalied vir die week: Unbroken family
Comments