(Klik gerus hier vir Deel 1 van Worstel jy nog met God?)
So, wat ervaar iemand wat met God worstel?
¨ Baie mense is bang dat ’n worsteling met God kan lei tot ’n geloofskrisis. Dit is
inderdaad so.
Mense wat met God worstel oor geloofsake verloor juis die ‘sterk’ geloof waaraan hulle so vasgeklou het, en verruil dit vir ’n baie dieper en meer volwasse geloof wanneer hulle anderkant uitstap.
Elizabeth Goudge skryf:
“Faith given back to us after a night of doubt
is a stronger thing,
and far more valuable to us
than faith that has never been tested.”
Jakob worstel ’n hele nag met God, maar aan die einde daarvan twyfel hy vir geen
oomblik dat God steeds God is nie, hy bly glo dat God steeds goed is. Net omdat ek met God worstel, met Hom argumenteer of selfs vir Hom kwaad raak, beteken nie dat ek my geloof verloor het nie. Dit beteken ook nie dat God nou minder lief is vir my nie.
Die seën wat Hy vir my lewe beplan, verander nie. My eie verstaan van wat dit sou
beteken verander dalk wel.
¨ God kom klim binne-in die diepte van my menslike stryd. Soveel mense kan beaam
dat dit juis in oomblikke van groot innerlike konflik is dat hulle ’n Goddelike teenwoordigheid beleef, dat hulle nader aan God voel as ooit.
Wanneer die pyn dus te groot word en ek eerder net wil weghardloop as om dit te
konfronteer, moet ek onthou dat Jakob nie ophou bid het toe sy seer die grootste
was nie. Nee, toe daardie heup uit sy pootjie spring, toe hou hy vas en hy hou aan
bid!
“The marker of those who understand the Gospel is that,
when they stumble and fall,
they run towards God
& not away.”
Matt Chandler
Ons voel te skuldig om te worstel, te seer om te worstel, te teleurgesteld dalk om te
worstel, te bang om te wys dat ek worstel:
“The only safe place for a sheep is by the side of his shepherd,
because the devil does not fear sheep;
he just fears the Shepherd.”
AW Tozer
Wat gebeur wanneer iemand met God worstel?
Om met God te worstel, het die potensiaal om te lei na ’n baie spesiale seën. Die
grootste daarvan dalk nie een wat in aardse waarde gemeet kan word nie.
Kom ons blaai gou weer na Genesis 33:20. Dit is nou net nadat Jakob met God
geworstel het, die stof van sy klere afgeskud het en sy seer heup genurse het. Toe
bou hy vir God ’n altaar. Ons lees in Genesis 33:20
“Jakob het daar ’n altaar gebou en dit “God is die God van Israel” genoem.”
Dit is eintlik maar so ’n weggesteekte sinnetjie sonder veel betekenis, sou ’n mens
dink.
Maar kom ons lees weer van agter af. Jakob is oppad Haran toe – na sy oom Laban
toe – en hy oornag in die middel van nêrens met net ’n klip vir sy kop. En hier droom hy van ’n leer wat tot in die hemel strek met engele wat op en af loop. (Dis nou daai prentjie wat jy uit jou Sondagskool-dae sal onthou tot jy die dag jou eie kop neerlê!)
En dan lees ons:
“Die Here het aan die bokant van die leer gestaan en vir hom gesê: “Ek is die Here,
die God van jou voorvader Abraham en die God van Isak.”
Gen 28:13
In Genesis 31:42 lees ons hoe Jakob vir sy skoonpa sê:
“Trouens, was dit nie vir die genade van die God van my voorouers nie, die God van
Abraham en die Beskermer van Isak nie, sou Pa my sonder vergoeding weggestuur
het.”
In Genesis 32:9 lees ons hoedat Jakob self ook bid, en dan sê hy:
“Toe bid Jakob: “God van my oupa Abraham en my pa, Isak! Here, U het gesê ek
moet teruggaan na my land en my familie toe.”
Ons lees: God is die God van Abraham. God is die God van Isak. Maar Jakob erken
eers dat God die God van Israel is, wanneer hy klaar met God geworstel het.
“Jakob het daar ’n altaar gebou en dit “God is die God van Israel” genoem.”
Gen 33:20
Jakob se geloof was nie vasgesement totdat hy sy eie, persoonlike worstelstryd met
die Here gehad het nie. Natuurlik het hy al die stories gehoor van sy pa, Isak, se
geloof. Om nie eers te praat van sy oupa, Abraham, s’n nie.
Sy geloof was egter ’n tradisionele geloof, ’n oorgelewerde geloof – totdat sy worstelstryd met God dit ’n persoonlike geloof kom maak het.
Ons vind dieselfde sentiment in Job. Hy verloor alles – sy kinders, sy rykdom, sy
gesondheid – en hy spandeer ure en dae deur met sy vriende te argumenteer en
met sy God te worstel. Totdat sy oë oopgaan en hy uiteindelik, ná alles wat gebeur
het, kan kyk deur God se perspektief. Dan sê hy:
“Ek het vroeër net gehoor wat ander mense van U sê,
maar nou het ek U met my eie oë gesien.”
Job 42:5 Die Boodskap
Maar wat beteken dit alles vir my?
Francis Chan deel op ’n pastore-dominee-ding-kongres in Amerika dat die Here ons roep om sout vir die wêreld te wees. Maar dan gaan hy verder en krap daar waar dit nie jeuk nie. Hy haal toe ‘n sakkie regte sout uit – seker maar soos Cerebos, of so iets, en hy sê:
“Hierdie is sout. Dit maak ons kos lekker en gee die lewe sy geur. Ons moet sout wees.”
Dan haal hy so ‘n bruin, boepens papiersak uit en gooi amper die hele preekstoel toe daarmee:
“Maar hierdie is ook sout – of eerder, dit wás sout gewees. Maar nou het dit laf
geword.
Hoor wat sê Lukas van hierdie sout:
‘Sout is goed om smaak te gee. Maar as dit sy smaak verloor het, hoe kry ’n mens dit
weer sout? Smaaklose sout is selfs nie goed vir die grond of vir bemesting nie.
Luk 14:34-35 NLV
Smaaklose sout is nie eers goed genoeg om saam met die beesmis in die groentetuin
te beland nie. Dis wat hy hier sê.
Sien, sout wat laf geword het, is staties.
Dit lê erens vergete op ‘n rak totdat dit uitgegooi word op die ashoop.
Dit verander niks nie, dit kan ook niks verander nie.
Dit kan beslis nie worstel nie.
Dis… dood.
Sout wat nog sout is, daarenteen, is vir my iets wat worstel.
Dis soos ’n lewende, bewegende organisme.
Dit het dalk nouwel nie al die antwoorde nie, maar dit soek!
En daar waar dit beland, kan dinge nie anders as om te verander nie.
Daar waar dit worstel, kan dit nie anders as om te ‘gaan’ nie.
Dit vat hande met dit wat daar is en kan selfs ’n sóét ietsie lekkerder maak!
(Of soos die truuk wat my ma my nog geleer het: wanneer jy lemoensap in die restaurant
bestel en dit is effens suur… goeie bietjie sout by! Jy sal dadelik die verskil kan agterkom!)
Hierdie wêreld heg egter soveel waarde aan syfers en getalle dat ons rondgaan en vir die
wêreld wys – kyk, kyk my sout!
Dan sluit Francis Chan af deur te sê:
“It is true that God may have called you to be exactly where you are.
But, it is absolutely vital to grasp that He didn’t call you there so you could settle in
and live your life in comfort and superficial peace.”
Soutmense is worstel-mense. Hoekom? Want daar is nog iets wat vir hulle werd is om oor
te worstel.
Hoekom worstel jy oor jou land…? Dit is vir jou belangrik.
Hoekom worstel jy oor jou kind…? Hy/sy is vir jou belangrik.
Hoekom worstel jy oor jou kerk…? Dit is vir jou belangrik.
Wanneer jy worstel met die Here oor Sy plan vir jou, wys jy Hom dat julle verhouding vir jou
nog belangrik is.
Waar ’n verhouding geen worstelinge meer het nie, waar twee mense skaars met mekaar
praat, wat nog te sê belang stel om te worstel, hang die doodsreuk swaar om hulle rond.
“The greatest tragedy in humanity is
when we do not wrestle with God, when
we become so apathetic that we are but a
limp rag doll in the hands of a mighty
lover who wishes that we fight back,
that we embrace Him and choose to find truth.
Christ will seek the ends of the earth for the one sheep that has gone astray.
He will fight the darkness to find His beloved,
but when He holds us in his arms and we do not show any sign of life,
then it is the heart of a King that is broken
and all of creation will moan in the loss
of another soul that was meant
to dance in the courts of Heaven.”
TA LaBerge
Jakob worstel met God, maar dit maak hom nie hard nie. Inteendeel – sy verhouding met Sy
skepper word ’n intens persoonlike verhaal…
Terwyl ek hier besig is kom die gedagte by my op dat as my worsteling met die Here my hard gemaak het, het ek dalk net nog nie lank genoeg geworstel nie. Dan het die dag nog nie gebreek nie. Het ek net nog nie by die kritiese keerpunt gekom nie.
Nee, Jakob word iemand wat met deernis kon terugdink en onthou:
“Jakob het toe al sy huismense en werkers bymekaargeroep en gesê: “Los nou eens en vir
altyd al julle vreemde gode. Was julle skoon en trek skoon klere aan. Ons gaan binnekort Bet-El toe. Daar gaan ek ’n altaar vir die Here bou, omdat Hy geluister het toe ek moedeloos was en Hy altyd saam met my op die pad was.”
Gen 35:3 Die Boodskap
Later, toe hy al baie oud was en graag sy kleinkinders wou seën, was dit sy eie verhouding
met God wat hom aanraak en hy skroom nie om dit te deel nie:
“Toe seën hy vir Josef en sê: “Mag God, die God voor wie my oupa Abraham en my pa, Isak,
geleef het, die God wat my versorg het my lewe lank tot vandag toe, en die Engel wat my uit
alle gevaar gered het, mag Hy hierdie twee seuns seën.”
Gen 48:15,16 NLV
As jy kan erken dat jy al ooit met God geworstel het, is jy in goeie geselskap. God het selfs
met die beste van die beste al ’n rondte deur geveg.
Jou temalied vir die week: You're gonna be OK
http://www.crosswalk.com/faith/spiritual-life/how-wrestling-with-god-will-changeyou-forever.html
https://randykhammer.wordpress.com/2012/06/17/men-who-wrestled-with-god/
(Foto deur Tim Marshall op Unsplash)
コメント